Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2025

Elders gesien: Wat kan gemeentes nou prakties rondom die komende verkiesing doen?


Dr Gustav Claassen, uittrede algemene sekretaris, gee die volgende wenke:

  • Kweek bewustheid dat dit belangrik is om te gaan stem. Dit is ons roeping, veral in die lig van die profetiese verantwoordelikheid wat gelowiges volgens die Bybel het
  • Benadruk teenoor jongmense hoe belangrik hulle kruisie is – die meeste van die 50% stemgeregtigdes wat nie in 2019 gestem het nie was onder 35 jaar oud
  • Verleen fisiese hulp aan kiesers om by die stembus uit te kom – dink aan bejaardes, pensioenarisse en armes
  • Die keuse waar jy jou kruisie gaan trek, moet ’n waardegedrewe besluit wees, en kan in die prediking beklemtoon word. Die kerk maak of propageer nie partypolitieke keuses nie
  • Voorbidding vir ’n vry en regverdige verkiesing
  • Moedig lidmate aan om as verkiesingsmonitors op te tree
  • Gemeentes kan hulle fasiliteite aanbied as stemlokale.

Bron: Grens.Pos

Vriende van Kerkbode

Ons benodig jou ondersteuning om ons digitale reikwydte te vergroot deur woord, video en die Kerkbode-podsending…

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Kopiereg © Kerkbode 2025

Scroll to Top