Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2024

Promosie: 7 Vrae oor die elektroniese Christelike Kernensiklopedie –  ’n omvattende, gratis hulpbron met meer as 3 000 inskrywings oor rolspelers, draaipunte, Bybelse begrippe en nog meer 


Wat is die eCKE? 

Die elektroniese Christelike Kernensiklopedie (eCKE) wil ’n sleutel wees om jou te help om God, sy Woord, sy kerk, die wêreld, die geskiedenis, jou land, jou geloof en jouself uit ’n Christelike perspektief ’n biejie beter te verstaan. ’n Mondvol, dus … – Die eCKE is gratis te kry by www.ecke.co.za

 Die eCKE: ’n Ensiklopedie?

 Einste. Die eCKE is ’n elektroniese Christelike Kernensiklopedie – die enigste in Afrikaans – bevat meer as 3 000 lemmas (kort artikels) en honderde foto’s. Dit vertel die verhaal van die Christelike geloof van aanvang tot hede, dui die verskillende strominge, gedagterigtings, kerk- en algemeen-historiese gebeurtenisse aan wat ’n bepalende invloed op die Christendom gehad het. Dit laat lig val op draaipunte in die voor-, antieke en moderne geskiedenis – soos die sondvloed, die Babiloniese ballingskap, die kruistogte, die Renaissance, die Hervorming, die Sinode van Dordrecht, die Anglo-Boere-oorlog, die wêreldoorloë van die 20ste eeu, die Belydenis van Belhar en Nine-Eleven (9/11). Dit verduidelik talle Bybelse en kerklike woorde en begrippe. Dit weeg en oorweeg die bydrae van baie indiwidue en groeperings wat ons gebring het waar ons nou is.  

  

Wie het almal die eCKE geskryf? 

 Hoewel die medewerkers aan die eCKE uit ’n tiental wydverskillende kerke kom – van Katoliek tot Protestants, van Anglikaans tot gereformeerd tot Pinkster – is die perspektief van die ensiklopedie hoofsaaklik Protestants-gereformeerd. Die fokus val veral op Suid-Afrika, maar die Christelike geloof kan nooit in isolasie van Afrika en die res van die wêreld gesien word nie, en daarom is in die eCKE ook baie te lees oor die Christendom in die res van ons kontinent en ander dele van die wêreld. 

 Net  een mening in die eCKE? 

 Die verskillende medewerkers het die vryheid om hulle eie gemotiveerde mening oor ’n saak te gee waar hulle dit nodig vind (daarom verskyn al die lemmas onder die medewerkers se name), wat meebring dat daar verskillende beklemtonings en hier en daar “teenstrydihede” voorkom. Dit is egter onvermydelik: ons leef nie in ’n tyd van finale en vasgelegde menings oor alles en nog wat nie. Die redaksie is egter oortuig van die kundige, verantwoordelike en verantwoordbare inhoud van die eCKE.

 Is die eCKE volledig? 

Die eCKE se naam is nie om dowe neute “elektroniese Christelike KERNensiklopedie” nie. Dis omvattend, maar nie volledig nie. Aanvullings geskied gedurig – wat net met ‘n elektroniese ensklopedie moontlik is. Kersake (geloof, bekering, genadedood, doleer, selfdood …) kom ter sprake, maar nie in detail nie. Die ensiklopedie is op die punt af, maar wil leesbaar wees: volledige sinne, min afkortings, so verstaanbaar moontlik. By talle van die lemmas word boeke of internet-adresse aangegee “Vir verdere lees”. – Die eCKE is gratis te kry by www.ecke.co.za .

 Hoe werk die eCKE?

Die eCKE is baie toeganklik met ‘n alfabetiese inhoudslys. Soek jy vir Adam, kry jy hom by “A”, JS Bach is by “B”, Andrew Murray by “M”,  Petrus, Paulus en Peter Pollock by “P” en Nikodemus en Nuwe Hervorming by “N”. ‘n Asterisk (*) na ‘n naam/begrip in die teks dui aan dat daar elders op die betrokke alfabetiese plek ‘n lemma oor daardie mens/saak verskyn. – Die eCKE is gratis te kry by www.ecke.co.za

 Is dit gratis? 

 Die eCKE is ’n duur projek, en goedgesinde donateurs staan in vir die koste. Jy hoef niks te betaal om toegang te kry tot die enigste Afrikaanse Christelike Kernsiklopedie nie. Gebruik dit! 

Vriende van Kerkbode

Ons benodig jou ondersteuning om ons digitale reikwydte te vergroot deur woord, video en die Kerkbode-podsending…

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.