Sluitingsdatum: 30 April 2024.
Die kerkraad van die NG Kerk Ventersdorp stel graag bogenoemde pos bekend.
Gemeenteprofiel: Ventersdorp is ’n plattelandse dorp in die hart van die Wes-Transvaalse mielie- en beeswêreld. Dit is ’n hartlike gemeenskap wat kan saamstaan in tye van nood. Die gemeente het ongeveer 400 lidmate, wat versprei is oor ’n distrik van 3 550 km². Die dorp het verskeie besighede, vanaf eenmansake tot industriële fabrieke en kettingwinkels. Twee skole en ook kleuterskole bedien die gemeenskap en daar is ook ’n busdiens na skole in Potchefstroom.
Verskeie groot dorpe omring Ventersdorp met Potchefstroom, en die Noordwes-Universiteit slegs sowat 50 km ver.
Die gemeente is in ongeveer 1889 gestig en die indrukwekkende kerkgebou is in 1920 voltooi.Die kerk het ’n gelooflike Engelse Rushworth & Dreaper pyporrel, wat in 1920 in gebruik geneem is, en nog in elke erediens gebruik word en jaarliks vir die Orrelfees ingespan word.
Leraarsprofiel
Ons vertrou die Here vir ’n leraar wat eerstens, ’n passie vir Christus het.
Ons is op soek na ’n leraar wat Geesvervuld en dinamies is met ’n onwrikbare waardestelsel.
Iemand wat maklik kommunikeer, met sterk leierskap maar wat bereid is om almal te kan bemoedig en help toerus om roeping en dissipelskap te kan uitleef in die gemeente en gemeenskap.
Iemand wat bereid is om in al die aktiwiteite van die gemeente te deel en mense te bemagtig om selfstandig leiding te kan neem.
Iemand wat alle ander pligte, soos omskryf in Artikel 9 van die Kerkorde, sal nakom.
Vergoeding
Die kerkraad is oop vir enige onderhandeling vir TKVI, medies, reis, verblyf en pensioen met sinodale skale as riglyn. Daar is ’n ruim pastorie wat deel vorm van die pakket.
Aansoek
Gelegitimeerdes met volle ampsbevoegdheid is welkom om volledige CV’s met drie raadpleegbare verwysings te stuur aan:
Die Beroepskommissie by: nggemeentesvsd@gmail.com
Enige navrae kan aan die saakgelastigde by dieselfde adres gerig word, of kontak Johan Kooij by 083 298 1311 buite kantoorure.