Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2024

Kollig-podsending 13: Twee stories: Gesonde baba na kankerdiagnose + hoe kies jy vir wie om te stem?


Ds Arina Zandberg van Kimberley was skaars twee maande swanger toe sy en haar man Dirk die skoknuus kry dat sy Hodgkins-limfoon het. Dit is ’n kanker wat die limfklierstelsel aanval wat deel vorm van jou liggaam se immuunstelsel.

Hulle eerste gedagte was dat hulle die baba gaan verloor, maar in April vanjaar is klein Jana gebore. ’n Gesonde baba van 3.1kg.

Kerkbode het Arina gevra om hulle storie met Kollig te deel.

Lees ook: Ma kry gesonde baba ná chemo: ‘Ek het geveg vir my baba en vir myself’

Maar voor ons by daardie insetsel kom, kyk ons na stemdag: 29 Mei. Wat bly oor van die optimisme wat vele ná 1994 verkiesing gekoester het? Het staatskaping, korrupsie, beurtkrag ons hoop vir die land gesteel?

Prof Erwin Schwella is die direkteur van die Sentrum vir Goeie Regering in Afrika by die Hugenote Kollege op Wellington. Kerkbode het hom gevra: hoe kan mens as gelowige weet vir wie om te stem?

  • Die storie is aangepas nadat dit gepubliseer is.

Geniet jy ons Kollig-podsendings? Kliek HIER vir meer episodes van luistergenot.


Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.