Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2024

Luister saam | Die storie agter Bybel-Media se nuwe storiekanaal, Ligland


As oud-onderwyseres stem Maryke Hansen met kenners saam dat jong kinders se skermtyd bestuur moet word, maar as ma van twee ervaar sy ook dat ’n mate van skermtyd onvermydelik is – toe begin sy droom van ’n ‘veilige’ storiekanaal vir juis sulke tye wat haar kinders tog iets wil kyk. 

Maar om tyd te kry in haar besige lewe om dit te laat realiseer verg toe blykbaar ’n “geforseerde rustyd”.

Sy is die inhoudsvervaardiger van LiG en Bybel-Media se nuwe gratis Afrikaanse YouTube-kanaal, Ligland – Leef met lig, lag en liefde. Hulle eerste reeks van 12 animasie-Bybelverhale gerig op 0-3 jariges is pas bekendgestel. Sy vertel in hierdie podsending meer oor haar eie geloofstorie agter die skep van hierdie nuwe kinderstoriekanaal wat insluit ’n pynlike episode met ’n knie-operasie. Sy deel ook meer oor wat vir haar as oud-onderwyseres belangrik was in die skep van inhoud saam met ander kundiges soos predikante en onderwysers vir hierdie kanaal.

  • Kerkbode is ’n publikasie van Bybel-Media.
  • Storie aangepas na plasing.

Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top

Ondersteun Kerkbode se joernalistieke projek

Ons redaksionele invalshoek is “Meer lig as hitte”. Ons hou jou op hoogte van kerknuus en bied ’n platform vir verhelderende lesersdeelname.
Teken in op ons weeklikse elektroniese nuusbrief of ondersteun ons werk vir so min as R20 per maand

Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.