Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2024

NG Bothaville-Noord: Jeugwerker/diensleraar

Dié advertensie verteenwoordig die standpunte van die adverteerder en nie noodwendig dié van Kerkbode nie.


Dienstermyn: Driejaarkontrak (onderhandelbaar).

Gemeenteprofiel:

NG Gemeente Bothaville-Noord is ’n dinamiese plattelandse gemeente wat bestaan uit ongeveer 370 belydende en 125 dooplidmate.

Posbeskrywing:

Die gemeente is op soek na ’n energieke persoon met ’n sterk roeping en passie ten opsigte van jeug- en gesinsbediening. Die suksesvolle kandidaat sal verantwoordelik wees vir die organisering en uitvoering van die jeugbediening van alle skoolgaande jeug asook naskoolse jongmense in die gemeente en gemeenskap, onder leiding van, en in oorleg met, die plaaslike leraar en kerkraad.

Posvereistes:

Persone wat oor die volgende vereistes beskik kan aansoek doen om die pos te vul:

  • ’n Passie vir, en lewende verhouding met, die drie-enige God.
  • Jongmense kan toerus en mobiliseer as gestuurdes na die wêreld.
  • Jongmense verstaan en hulle geestelike en emosionele behoeftes kan bedien.
  • Emosionele volwassenheid, goeie menseverhoudings en kommunikasievaardighede asook sterk leiereienskappe.
  • Goed in spanverband kan werk.
  • Belydende lidmaat van die NG Kerk.

Kwalifikasies en ondervinding:

  • Jeugwerk as spesialisveld indien as diensleraar opgelei òf ’n tersiêre kwalifikasie (drie jaar) in jeugwerk òf toepaslike werkervaring/kwalifikasie in soortgelyke veld.
  • Ondervinding in jeugwerk is ’n sterk aanbeveling.

Aansoeke:

Aansoekers moet teen 31 Julie 2024 ’n volledige CV met drie toepaslike verwysings stuur aan die kerkkantoor: ngkbothavillenoord@gmail.com

Dit staan die aansoekers vry om ’n kort bekendstellingsvideo van hulleself in te stuur.

Diensaanvaarding: So gou doenlik.

Navrae: Japie Grobler (leierouderling) 082 825 8018.

              Dr Johan Kruger (gemeenteleraar) 084 256 8031.

Die kerkraad behou die reg voor om nie ’n aanstelling uit die aansoeke te maak nie.


Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top

Ondersteun Kerkbode se joernalistieke projek

Ons redaksionele invalshoek is “Meer lig as hitte”. Ons hou jou op hoogte van kerknuus en bied ’n platform vir verhelderende lesersdeelname.
Teken in op ons weeklikse elektroniese nuusbrief of ondersteun ons werk vir so min as R20 per maand

Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.