Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2025

Elders gesien | 350-jarige viering beplan vir Krotoa/Eva van Meerhof


Op Vrydag 26 Julie beplan die Groote Kerk in Kaapstad ’n amptelike onthulling van ’n muurskildery van Krotoa/Eva van Meerhof op hulle historiese 1704-kerktoring. Dit vorm deel van die 350 jarige herdenking en viering van die lewe van hierdie “merkwaardige vrou” wat diplomaat, vertaler en die eerste Khoi-lidmaat van die eerste NG gemeente in die Kaap was.

So het Kaapkerk hieroor berig in Vrydagnuus, 19 Julie 2024:

Op 29 Julie 1674 sterf Eva van Meerhof verlate en gebroke op Robbeneiland. Die kerkraad van die Groote Kerk voel verplig om die oorskot van die 32-jarige VOC-diplomaat en vertaler te gaan haal en in die begraafplaas by die kasteel te begrawe.

”Krotoa was die eerste Khoi-lidmaat wat deur ons gemeente Groote Kerk gedoop is en hiertydens het sy die naam Eva ontvang. Krotoa se oorskot word dan ook voor 1704 vanaf die kasteel na die Groote Kerk verskuif waar sy vandag nog haar laaste rusplek vind. Krotoa/Eva se storie is een van verlies, trauma en verwerping, vermeng met moed, liefde en passie. Dit is ’n verhaal oor ’n merkwaardige Suid-Afrikaanse vrou.

Op 29 Julie 2024 het daar reeds 350 jaar verloop sedert haar dood en ons ontdek en vier haar storie op nuwe maniere. In haar storie ontdek ons ook ons storie, ’n storie wat ons so baie kan help met hoe ons vandag die storie van Suid-Afrika saamskryf!” vertel Riaan de Villiers.

Vieringsgeleenthede in die Groote Kerk

Op Vrydag 26 Julie om 17:30 is die onthulling van ’n muurskildery en bloemlesing met musikale optrede (per uitnodiging).

Saterdag 27 Julie om 16:00 vind ‘n koorfees deur die Morawiese Kerkkoorunie van Suid-Afrika plaas. Spesiale kollekte vir Elim Tehuis en SA Kinderhuis. Kostes beloop R60 per persoon. Kaartjies is by die deure beskikbaar.

Sondag 28 Julie om 10:00 is daar ‘n spesiale erediens en onthulling van gedenksteen in Groote Kerk. Almal welkom.

RSVP of kry verdere inligting by info@grootekerk.org.za   

Vriende van Kerkbode

Ons benodig jou ondersteuning om ons digitale reikwydte te vergroot deur woord, video en die Kerkbode-podsending…

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Kopiereg © Kerkbode 2025

Scroll to Top