Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2024

Excelsus-hoof is Hoëveld Sinode se nuwe moderator


Dr Tom Smith is die nuwe voorsitter van die Sinodale Dienskommissie (SDK) van Sinode Hoëveld.

Die besluit dat Smith die voorsitter is, is Vrydag 30 Augustus bekend gemaak. Die skuif volg na die vorige voorsitter, dr. Johan Botha, vroeër vanjaar die aanwysing as die Hoof Uitvoerende Amptenaar van die Oostelike Sinode aanvaar het en nie langer as voorsitter kon dien nie, volgens ds Hannes Windell, sinodale bestuurder: Hoëveld Sinode.

Lees ook: Leraars wat beweeg (Amptelike Nuus – 30 Augustus 2024)

Smith was as assessor verkies by die Hoëveldse sinodesitting van 2022. 

Hy het in April vanjaar ook oorgeneem by dr André Bartlett as die nuwe hoof van Excelsus, die NG Kerk se Sentrum vir Voortgesette Bedieningsontwikkeling in Pretoria. 

Lees meer: Elders gesien: Tom Smith aanvaar pos as Excelsus-hoof

Nog skuiwe by die SDK sluit in dat twee portefeuljeleiers vanjaar onderskeidelik uitgetree en bedank het. Dr. André Bartlett (Ekumene en Kerkverband) het aan die einde van Februarie 2024 emeriteer en ds. Rudi Swanepoel (Lidmaat- en leierstoerusting en Gemeentebegeleiding) het in Mei 2024 sy bedanking ingedien. 

Ds Michelle van Tonder is reeds gekoöpteer om as die portefeuljeleier vir Ekumene en Kerkverband op te tree. Verdere lede sal gekoöpteer word om die vakatures in die SDK aan te vul. 

In ’n plasing op Hoëveld Sinode se Facebookblad is Smith verwelkom in die voorsitterstoel en Botha seën toegebid in sy nuwe posisie by Oostelike sinode.


Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.