“Die kerk is ’n plek vir sondaars, dis nie ’n heldegalery van dominees wat heilig is nie … ons is almal maar net mense.”
Só sê dr Gerdrie van der Merwe in die gespreksuittreksel hieronder geneem by die bekendstelling van Van der Merwe se jongste gemeenteboek, die verhaal van die NG Gemeente Barkley-Oos (1873-2023). Die boek heet ’n Liefdesgemeenskap tussen berge en valleie en is Van der Merwe se 71 ste boek.
Die gemeente van NG Gemeente Barkley-Oos het die 150 jaar-feesboek op 15 September vanjaar by die produktiewe emeritus-leraar van Trompsburg ontvang.
Foto’s en video: Verskaf.
Geborg