Dié advertensie verteenwoordig die standpunte van die adverteerder en nie noodwendig dié van Kerkbode nie.
Vakature: Leraar (vastetermynpos vir drie jaar)
Oor ons gemeente
Hopefield is ’n plattelandse gemeente aan die Weskus met 207 belydende en 49 dooplidmate. Daar is ’n meerderheid ouer lidmate, maar ook ’n pragtige klomp jonger mense in die gemeenskap. Die gemeente is in 1851 gestig en vier vanjaar 173 jaar van die Here se genade – deur tye van voorspoed en ook teenspoed. Ons glo dat die Here ons ook in die toekoms sal bewaar.
Hopefield het een van die beste skole aan die Weskus en daarop is ons baie trots. Kinders kom van ver af om hier skool te gaan. Groter sentra met mediese sorg en besighede, Langebaan, Vredenburg, Malmesbury is binne 50 km van Hopefield af.
Kandidate:
- Moet begrip hê vir die uitdagings van ’n plattelandse gemeente.
- Oor bedieningsvaardighede beskik om met alle ouderdomsgroepe te kan werk.
- ’n Entoesiastiese gemeenteleier wees.
- ’n Goeie spanwerker sal tot u voordeel strek.
- Getroue besoeke aan lidmate is ’n prioriteit.
- Daar is baie mense in die gemeenskap wat deur getroue omgeebediening weer teruggebring kan word na die gemeente en die Here.
- Goeie verhoudinge met ander kerke in die gemeenskap is baie belangrik.
- Dit is ’n vastetermynpos vir drie jaar. Die kerkraad sal kandidate wat voltyds of deeltyds beskikbaar is, oorweeg.
Pligte:
Volgens Art 9 van die Kerkorde en soos ooreengekom. Die gemeente plaas ’n hoë premie op Skrifgetroue prediking en getroue huisbesoek en siekebesoek.
Vergoeding:
- Die maksimum totale koste van indiensneming (KVI) wat beskikbaar is, is R360 000 per jaar.
- ’n Ruim geskiedkundige pastorie met krag en water word voorsien (bykomend tot die TKVI).
Aansoeke:
Gelegitimeerdes van die NG Kerk (enige ouderdom of bedieningsfase) word uitgenooi om ’n volledige CV met hulle besonderhede en motivering, asook die name en kontakbesonderhede van drie referente te stuur aan: Die skriba by ngkerkhopefield@telkomsa.net
Sluitingsdatum: 13 November 2024.
Diensaanvaarding: 1 Februarie 2025 of 1 Maart 2025.
Die kerkraad mag uit die aansoeke persone nooi vir gesprek en preekbeurt, maar behou die reg voor om nie te beroep nie indien daar nie geskikte aansoeke kom nie.
Navrae:
Visser Bezuidenhout (voorsitter van die kerkraad) sel: 082 779 3328.
Dr HJ Prinsloo (konsulent) sel: 065 576 2986 (hjprinsloo@live.com)