- Hierdie kennisgewings is op 17 Januarie 2025 opgedateer.
- Stuur Amptelike Nuus na kerkbode@tydskrifte.co.za
BEROEP
Ds CJ (Christo) Schoeman van Delareyville-Oos na Potchefstroom-Miederpark.
AANVAAR
Dr EP (Elsje) Büchner van Stellenbosch-Noord na Dordrecht; ds S (Samantha) Chamberlain van Suiderstrand na Hottentots-Holland; ds J (Jeandré) Slabbert van Villieria na Margate; prop EH (Ernst) van Wyk na Lynnwood.
WES-KAAPLAND
AANVAAR
Ds Samantha Chamberlain, voorheen van NG Gemeente Suiderstrand, is op Sondag, 12 Januarie 2025, by NG Kerk Hottentots-Holland as predikant bevestig en het haar intreepreek gelewer. (Yolandi de Leeuw, skriba, 13.01.2025).
OOS-KAAPLAND
AANVAAR
Dr Elsje Petronella Büchner van NG Gemeente Stellenbosch-Noord het die beroep na NG Gemeente Dordrecht aanvaar. Ds Conrad Thomas het haar op Sondag 12 Januarie bevestig as leraar en sy het haar intreepreek gelewer. (Anemè van Pletzen, skriba: NG Kerk Dordrecht, 14.01.2025).
KWAZULU-NATAL
AANVAAR
Ds Jeandré Slabbert van NG Villiera het die beroep aanvaar na NG Gemeente Margate. (Ds Lerisa Strydom, leraar: NG Gemeente Margate, 16.01.2025).
GOUDLAND
BEROEP
Die gemeentebestuur van Potchefstroom-Miederpark Gemeente het tydens ’n bestuursvergadering op 3 Desember 2024 vir ds Christoffel Johannes Schoeman van NG Kerk Delareyville-Oos, soos voorgeskryf in die Kerkorde, beroep na Miederpark Gemeente. Die afkondiging van die beroeping is tydens die daaropvolgende Sondae tydens eredienste aan die gemeente voorgehou asook die prosedure met betrekking tot die besware wat ingedien mag word. Geen besware teen die beroeping is ontvang nie. Die beroepene is gepas ingelig. Die beroepingsproses sal verder bevorder word na die resestydperk van die Ring van Potchefstroom. (Des Humpel, gemeentebestuurder: Potchefstroom-Miederpark Gemeente, 13.01.2025).
NOORDELIKE
BEVESTIGING
Prop Ernst van Wyk word tydens die naweek van 26 Januarie 2025 as leraar bevestig by die NG Gemeente Lynnwood. Sy ordening en bevestiging word tydens die oggenddiens om 09:00 waargeneem deur dr Dieter de Bruin. Prop Van Wyk lewer sy intreepreek tydens die aanddiens om 18:00. (Peet Crous, kerkraadvoorsitter: NG Gemeente Lynnwood, 16.01.2024).