Vir ’n dominee van Pretoria het ’n onlangse gedenkdiens meer gebied as die geleentheid om hulde te bring aan ’n gewaardeerde lidmaat wat oorlede is.
Ds Anton Pienaar van Stellastraat het ook jammer gesê vir die pyn wat Apartheid veroorsaak het in die lewe van twee mense in ’n interkulturele verhouding wat in die 1980’s die land moes verlaat om in vrede te mag woon.
LEES OOK: Joubert and Fazila escaped prosecution for marrying illegally (2018)
Pienaar het die diens vir wyle Joubert Malherbe, ’n oud-joernalis wat deur kennisse as “sagmoedige rebel” bestempel is, op 10 Januarie gelei. “Vrees en oorlewingsdrang” het histories gelei daartoe dat Afrikaners “die woord liefde net in hulle eie konteks toegepas het,” aldus Pienaar. Hy het van die kansel die weduwee, Fazila, aangespreek: “I’m so sorry for what the Afrikaner people did to you and Joubert. For not allowing you and Joubert to love each other in the midst of your own people. I’m ashamed and I’ll always be ashamed,” het Pienaar gesê, met verwysing na destydse landswette wat Malherbe se huwelik met dié Indiërvrou verbied het. “Ek is baie jammer vir die sisteem wat óns, en die NG Kerk by name, in die naam van liefde, eintlik ’n liefdelose sisteem gemaak het.”
LEES OOK: Jan Lubbe | Uit my Kerkdagboek: Dit is op jóú, die voorletters van Jesus
Hoewel apartheid teen “mens en God gesondig het”, kan liefde oorwin, het Pienaar gesê aan begrafnisgangers, wat die joernalis Heather Robertson ingesluit het en dié geroer het om daaroor te skryf vir Daily Maverick. “The dominee (Pienaar) then turned to my friend Fay and her and Joubs’ three sons, and said he was deeply sorry for what he and his fellow Afrikaners did to her and Joubs. Forcing them to abandon their country, friends and family because their love across the colour and culture line had broken the Immorality Act,” skryf Robertson in ’n artikel getiteld Rock ’n Roll in the shadows of apartheid: A tribute to a gentle rebel and all South Africans who have the courage to love, wat op 17 Januarie aanlyn gepubliseer is. “After this another Afrikaans woman stood up and said ‘I am sorry we were bigots’. Tears rolled down my cheeks. I have never heard such personal apologies for the immense harm that shaped us. And still shapes us. I was overwhelmed by a sense of great relief, respect and love. Hate is such a hideous, corrosive burden to bear. Love is so liberating,” skryf Robertson.
Pienaar, ’n oud-redakteur van Kerkbode, wat al meer as twee dekades by dié gemeente in Pretoria is, het “Fay” se ingesteldheid teenoor die kerk as sag, mooi en vergewensgesind bestempel. Hy het later by navraag gesê die besluit en die geleentheid om op dié wyse verskoning te vra, was vir hom “die kersie op die koek van sy bediening … en ’n voorreg.”
Ek het eers jare ná universiteit besef jy was toe al reg. Jy het jou man gestaan toe baie jou veronreg het met hulle burgerlike godsdiens.
Dankie vir hierdie artikel. Die proses van versoening kan inderdaad eers werklik begin nadat vergifnis uitgespreek en ontvang is.
Dankie ds. Jy herstel my geloof in liwfde en vergifnis en dat die NGK -lede nie almal die pad van Jesus byster geraak het nie.
Miskien moet ons die ‘pyn’ van die sg Apartheidstelsel agterlaat en meer konsentreer op die pyn wat die ANC tans veroorsaak in Suid-Afrika. Ongelukkig sal laasgenoemde waarskynlik nie soveeel publisiteit kry nie.
Ons het vir meer as 30 jaar ‘n sosialisties-kommunistiese regering wat meer skade gedoen het en steeds doen aan die mensdom en hierdie dominee vra “om verskoning vir apartheid”? Besef hierdie predikante nie dat “apartheid” een van die resultate van die tweede nywerheidsrevolusies was nie? Wat probeer die NGK (en ander) bereik om “verskoning te vra” vir net een element van die verlede? Tragies is dit dieselfde NGK wat arbeidsbediening van die NGK opgeskort het voor 1994 en ons (ek was ingenieur) alleen gelaat het om transformasie in die werkplek te doen? Kyk vorentoe, moenie vir die Here voorse waar Hy fout gemaak het in Sy besluite van die verlede nie.