Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2024

Dr Arnau van Wyngaard by ’n jong pasiëntjie in Eswatini, ’n land waarin hy nou betrokke is met VIGS-behandeling. Foto: Argief

Nuusflits | Vries van fondse uit VSA, wat glo miljoene lewens bedreig, ook gevoel in Eswatini


Vir hulle wat by die versorging van mense met MIV en VIGS betrokke is, kon daar kwalik slegter nuus kom as die vries van miljarde rande se befondsing uit die VSA.

So vertel dr Arnau van Wyngaard by navraag vir Kerkbode. Hy was betrokke by die totstandkoming van die VIGS-bediening van Shiselweni Home-Based Care in Swaziland en is sedert sy aftrede laasjaar steeds raadgewend betrokke.

Lees ook: Elders gesien: Dr Arnau van Wyngaard wil MIV/Vigssorgsentrum in Swaziland se storie neerpen na aftrede

Hy vertel een van hulle jarelange vennote, The Luke Commission (TLC), moes reeds hulle deure sluit. Dit kom glo onder meer nadat hulle befondsing uit die VSA bevries is nadat president Donald Trump op 20 Januarie aangekondig het sy regering staak alle finansiering aan buitelandse hulporganisasies vir 90 dae, hangende ’n hersiening daarvan.

’n Besluit met sulke verreikende gevolge in terme van hulpverlening aan miljoene kwesbare mense dat internasionale hulporganisasies soos Doctors Without Borders (MSF) gesê het dit kan ’n humanitêre ramp meebring.

TLC is een van vele hulporganisasies in Suidelike Afrika wat in ’n oorlewingskrisis is sou die VSA permanent die finansiering staak van fondse soos die United States President’s Emergency Plan for Aids Relief (Pepfar) en USAID.

Tensy TLC ander befondsing kan kry, beteken dit dat al hulle kliënte se antiretrovirale medikasie (ARV’s) gestaak moet word. “Dan is die dood onvermydelik,” sê Van Wyngaard. Hy verduidelik as mense wat ARV’s gebruik dit vir drie maande nie gebruik nie, neem hulle CD4-tellings af en hulle virale tellings toe wat hulle meer ontvanklik maak vir infeksies soos longontsteking en tering. Dit kan hulle dood beteken mits dit behandel word – iets waaroor hy bekommerd is gegewe die huidige tekorte van Eswatini se mediese dienste.

Hy sê nog ’n hartseer nadraai van TLC se toemaak, is dat hulle gehelp het met die invoer van duisende rolstoele uit die VSA. Shiselweni Home-Based Care het nou saam met TLC gewerk om hierdie rolstoele in Eswatini te versprei. “In daardie opsig word ons bediening in Shiselweni dan ook direk geraak deur hierdie dwase en kortsigtige besluit van Trump en kie,” het hy bygevoeg. Op sy Facebookblad het hy ’n koerantberig hieroor gedeel en onder meer geskryf: “As things stand now, we will probably not be able to proceed with this wheelchair ministry any longer”.

Aan die positiewe kant, sê hy is Shiselweni se VIGS-bediening nie in die gedrang nie, want hulle is nie afhanklik van fondse uit die VSA nie. Hy verduidelik hulle het juis van die begin af gewerk met die onderneming dat almal wat vir die organisasie werk, dit vrywillig doen.

Lees gerus verder: ‘I’m breaching my Hippocratic oath’ – Trump’s foreign aid freeze halts key HIV programmes

Vriende van Kerkbode

Ons benodig jou ondersteuning om ons digitale reikwydte te vergroot deur woord, video en die Kerkbode-podsending…

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.