Dié advertensie verteenwoordig die standpunte van die adverteerder en nie noodwendig dié van Kerkbode nie.
Vakature: Voltydse leraarspos
Sluitingsdatum: 30 April 2025.
Gemeenteprofiel: Hartswater is geleë in die Noord-Kaap ongeveer 100 km noord van Kimberley en is die kern van die waterryke Vaalhartsbesproeiingskema. Die skema is bekend vir die verbouing van pekanneute, winter- en somergewasse. Hartswater is die besigheidskern van die skema en die omliggende dorpe. Ons het 616 belydende lidmate en 136 dooplidmate wat opgedeel is in bedieningsblokke en -wyke. Ons is geseën met senior lidmate wat stabiliteit, wysheid en ervaring bied. Terselfdertyd het ons ’n groeiende groep jong lidmate met baie energie en nuwe perspektiewe wat ons bediening verryk.
Ons visie, soos ons glo die Here ons gelei het:
Ons gee om (in Christus): *vir ons verhouding met God,* vir mekaar,* vir God se wêreld.
Leraarsprofiel: Ons hoor graag van ’n gelegitimeerde proponent/leraar met ’n passie vir die uitlewing van sy/haar beroep soos vervat in Artikel 9 van die Kerkorde wat sal tuis wees in ’n plattelandse omgewing waar persoonlike kontak nog belangrik geag word.
Aansoek: Stuur ’n kort CV per e-pos na hartswaterngkerk@telkomsa.net waarna u ’n vraelys van ons sal ontvang.
Dit mag van u verwag word om vir ’n onderhoud te kom, sowel as om ’n preekbeurt waar te neem.
Met die stuur van die CV gee u toestemming dat u inligting volgens die bepalings van die POPIA-wetgewing aangewend kan word.
Die datum van diensaanvaarding sal ooreengekom word met die beroepene.
Vergoeding en voordele: Vergoeding (TKVI) word in terme van die sinodale riglyne onderhandel. ’n Ruim pastorie met water en elektrisiteit en ’n kommunikasietoelaag word ook gebied.
Kontakpersone: Sandy Maritz (skriba) 079 515 1281 of Willie Botha 082 447 2173.
Die kerkraad behou hom die reg voor om geen beroep uit die aansoeke uit te bring, of ’n aanstelling te maak nie.