Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2025

Elders gesien | Soos om in ’n film te wees sonder klankbaan – dowe vertel met oog op biddag 7 September

Om doof te wees is om tussen twee wêrelde te leef. Een met klank waar mense praat en lag … en hare waar sy moet veg om op te vang. Só vertel Reanke Smit van Jeffreysbaai.

Die jong vrou verduidelik in hierdie kort video van ses minute hoe dit haar alledaagse lewe raak om sonder klank te lewe. Sy sê “dit is soos om in ’n film te wees sonder klankbaan. Jy sien die prentjie. Jy volg die storie, maar jy moet alles self vertaal”.

Die moeilikste vir haar is dat haar gehoorverlies haar van ander mense afsny. Sy deel ook wenke vir horende mense wanneer hulle met dowe mense praat.

Sondag 7 September is die jaarlikse biddag vir gehoorgestremde persone op die kerkkalender. Ds Danie Mouton het in Oos-Kaapland se sinodale nuusbrief, Grens.Pos van 29 Augustus 2025, Reanke se video gedeel. Hy skryf “dit is waardevol vir gemeentes om begrip te hê en ook bediening só in te rig dat hierdie persone ontvang kan word en welkom voel”. 

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Versprei God se Woord
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top