Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2025

NG gemeentes in KwaZulu-Natal kan nou onder bepaalde omstandighede aansoek doen om deur ’n emerituspredikant van bo 70 of ’n hulpleraar (soos wat diensleraars hier bekend is) bedien te word mits, in laasgenoemde geval, ’n predikant as mentor betrek kan word.
Interimreëlings is vandeesweek by ’n buitengewone sinodesitting in KwaZulu-Natal aanvaar om die tekort aan predikante in hierdie streek te probeer verlig. Foto's: Louis Nel

Leraartekort: In KZN kan oueres nou aanhou preek

Interimreëlings is vandeesweek (3-4 September) by ’n buitengewone sinodesitting in KwaZulu-Natal aanvaar om die tekort aan predikante in hierdie streek te probeer verlig.

Gemeentes in dié streek kan nou onder bepaalde omstandighede aansoek doen om deur ’n emerituspredikant van bo 70 of ’n hulpleraar (soos wat diensleraars hier bekend is) bedien te word tensy, in laasgenoemde geval, ’n predikant as mentor betrek kan word. 

Die Kerkorde bepaal dat predikante op 65 moet aftree waarna hulle slegs op kontrakbasis by gemeentes mag bedien en wel net tot op 70. Diensleraars, wat verkorte teologiese opleiding het, is weer nie opgelei in al die velde van gemeentebediening nie.

Lees ook: Slypskool vir Skrywers 2025: Hoe beïnvloed diensleraars die NG Kerk?

Daar is net 23 voltydse predikante vir die 45 gemeentes van hierdie kleinste van die NG Kerk se nege sinodes het Posduif, die streek se sinodale nuusbrief op 3 September 2025 berig (sien volledige uitgawe onder). Dit dui op ’n sterk afname teenoor die 102 wat daar in 1996 was toe daar groter en meer gemeentes was.

“Dit gaan oor kapasiteit,” het dr Barry Tolmay, die moderator, by navraag vir Kerkbode verduidelik waarom ’n buitengewone sinodesitting nodig was skaars ’n jaar na die gewone vierjaarlikse vergadering. “Ons het meer gemeentes as wat ons predikante het,” het hy gesê.

Dr Barry Tolmay, die moderator, sê: “Die olifant in die kamer is ons kan nie meer net wit Afrikaanse kerke wees nie.”
Daar is ook goedgekeur dat die streek se agt ringe na vier verminder word. Hulle staan bekend as Noordelike Ring (Melmoth en Vryheid), Westelike Ring (Ladysmith en Amajuba), Suidelike Ring (Durban-Suid en Port Shepstone) en Sentrale Ring (Durban Metropool en Pietermaritzburg).

Nog een van die uitkomste van hierdie kerklike saamtrek, wat in Pietermaritzburg gehou is, is dat die streek se agt ringe na vier verminder word. Hulle staan bekend as Noordelike Ring (Melmoth en Vryheid), Westelike Ring (Ladysmith en Amajuba), Suidelike Ring (Durban-Suid en Port Shepstone) en Sentrale Ring (Durban Metropool en Pietermaritzburg).

Soos gemeentes se tradisionele lidmaatbasis van wit Afrikaanssprekendes uit die provinsie weggetrek het, het die 64 gemeentes van 1980 gekrimp tot die situasie vandag. Boonop kan sowat ’n derde van hierdie gemeentes nie meer ’n voltydse predikant onderhou nie en sal moet toemaak tensy die toegewing gemaak word dat emeritusleraars of diensleraars daar mag bedien.

Kyk ook: ‘Oom dominee Freddie’ (84) breek stigma af teenoor dié wat láát in die lewe teologie gaan studeer

Die interimreëling aanvaar by die afgelope streeksinode sal hierdie nood verlig en geld tot die NG Kerk in KwaZulu-Natal se volgende sinodale saamtrek in 2028.

Die tekort aan predikante, gekoppel met gemeentes wat nie meer predikantsposte kan onderhou nie, is ’n saak wat ook ander sinodale streke van die NG Kerk raak.

Lees al Kerkbode se sinodestories: HIER

“Die olifant in die kamer is ons kan nie meer net wit Afrikaanse kerke wees nie,” sê Tolmay, self 64, wat byvoeg dat hulle gemeentes aanmoedig om multikulturele geloofsgroepe te begin.

  • Berig is aangepas na publikasie.
Posduif 25-35

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Versprei God se Woord
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top