Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2025

Frederick Marais (links) toets in Oktober saam met ’n paar dominees en Kerkbode weer ’n nuwe staproete uit vir die Pelgrimstog van Hoop. Foto: Neels Jackson (2016)
Dr Frederick Marais (links) hier op een van die eerste staproetes van die Pelgrimstog van Hoop, toets in Oktober saam met ’n paar dominees en Kerkbode of ’n staproete in Baviaanskloof by hierdie gewilde netwerk van staproetes gevoeg kan word. Foto: Neels Jackson (2016)

Baviaans roep! Pelgrimstog van Hoop se voorstappers ‘toets’ in Oktober nuwe roete in Oos-Kaap

Party mense gaan stap ’n roete van die Pelgrimstog van Hoop as ’n afsluiting van ’n “seisoen” in die lewe. Ander weer om ’n bepaalde ding “af te lê”.

Só het dr Frederick Marais al vier jaar gelede al stappende aan Kerkbode verduidelik. “(’n Pelgrimstog) is ’n ander soort stap, ’n innerlike reis … en party mense kry weer hoop,” het Marais destyds langs die pad gesê toe die gewilde Tuinroete Pelgrimstogroete pas bekendgestel is. 

Dié Tuinroete-been is sedertdien al deur meer as 1 000 rooihoedpelgrims gestap.

Nou is hierdie energieke teoloog weer deel van ’n klein groepie dapperes wat in Oktober ’n volgende “been” van die netwerk van staproetes sal uittoets. Dié keer begin die staptog langs die Ooskus by Jeffreysbaai, loop deur die ruwe Baviaanskloof en eindig 11 dae en meer as 200 km later by Uniondale in die Klein-Karoo. Elke nag sal die stappers die gasvryheid van ’n plaaslike gastehuis geniet en plaaslike mense ontmoet – ’n gewaardeerde kenmerk van staproetes op die Pelgrimstog van Hoop.

Lees ook: Nuwe staproete is ‘slegs vir almal’ | Pelgrimstog van Hoop se nuwe ‘been’ van Mosselbaai tot Kaap Agulhas

Marais, wat in 2014 dié Pelrimstog-inisiatief hier op Afrikabodem help vestig het ná hy die Camino in Spanje voltooi het, stap saam met ’n paar dominees en ander. Soos vorige kere, stap Kerkbode weer saam om dit eerstehands te beleef en die ervaring met ons lesers en voornemende pelgrims te deel.

  • Bespreek jou plek op een van die staproetes van die Pelgrimstog van Hoop HIER.

 

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Versprei God se Woord
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top