eKerkbodeLogo200

Brief uit Amersfoort: ‘Hierdie is ’n ander wêreld’

DANA SNYMAN SKRYF: Deur die groot venster in die gholfklub op Amersfoort se klub­huis kan ’n mens die vaal rookwolke van ’n veldbrand in die verte sien. “Dis weer sulke tyd,” sê Jan Swart, ’n plaaslike veebemarker.

Lees meer
Brief uit Amersfoort: ‘Hierdie is ’n ander wêreld’

VIDEO: Hoop is so bitter nodig in hierdie tyd - Dr Gustav Claassen

“Ons is almal diep onder die indruk dat ons mekaar baie nodig het en dat ons saam sterker is te midde van hoe fel die uitdagings ookal mag wees,” sê dr Gustav Claassen, algemene sekretaris van die NG Kerk, in ’n kort bemoedigende videoboodskap.

Kliek hier.
'In my mind’s eye I would picture God …'

Jaco Strydom gesels met Naudé Kritzinger

jaco featured
Hulle gesels onder meer hoe belangrik dit is om moeilike gesprekke in die kerk te voer om spanning te ontlont en verhoudinge te versterk - na aanleiding van die kerklike ondersoek omdat Kritzinger se vrou taalversorging doen vir 'n gay-uitgewer in Amerika. Lees meer.

POPIA: Is jou gemeente op datum?

Teen 30 Junie moet alle kerke voldoen aan die streng vereistes van die Beskerming van Persoonlike Inligting (Popia-wetgewing). Dit beteken kerkkantore moet seker maak dat hulle prosedures ten opsigte van die insamel, gebruik, berging en vernietiging van persoonlike inligting in lyn is met die nuwe wetgewing.
Lees meer.
NGK Logo 2 2

Vredendal: Verslaenheid na Covid dorp tref

"Daar is 'n verslaenheid. 'n Stilheid op die dorp," vertel ds Pedro Oktober, self 'n Covid-oorwinnaar, hoe etlike sterftes van lidmate binne 'n paar weke sy Vredendal VGK-gemeente gedwing het om mekaar op nuwe maniere te onderskraag terwyl kerkdienste eers moes halt tot die nuutste Covid-vlaag bedaar. Lees meer.
Vdal covid sterftes web

Cas Wepener: 'Oor rasseskeiding, ek soek 'n kerk wat jeuk'

Daardie paar bladsye wat min mense lees
Dat mooi dinge wel op sinodale en voetsoolvlak in gemeentes gebeur, kan geensins misken word nie...maar dit is tyd dat ons weer begin jeuk, jeuk omdat daar ’n pestilensie in ons midde is en jeuk omdat ons iets daaraan wil doen. Lees verder.

NG Kerk Oudtshoorn-Moedergemeente

NGK - Wes-Kaapland Sinode
Vaste Leraarspos Sluitingsdatum: Maandag 6 Augustus 2021 Hierdie plattelandse gemeente het 775 belydende en 166 dooplidmate in Oudtshoorn. Kliek hier

Brief uit die Noord-Kaap: 'Dankie aan elkeen wat voer of geld of gebede stuur'

Hy het onlangs met 'n vol gemoed ’n groep stappers aan die einde van die Boesmanland Camino ingewag, vertel PIET RETIEF uit Garies. "Vir te lank het ons gedink dat slegs boere, wel, belang by die boerderybedryf het. Vandag kan ons met alles in ons getuig dat ons in ons siel weet dit is nie so nie." Lees verder.
groep

Johan van der Merwe: '16 Junie mag nie weer gebeur nie!'

generic-debat
Die tragiese gebeure van 16 Junie 1976 het destyds nie ongemerk by lidmate van die NG Kerk verbygegaan nie. Die publikasie van verskeie skrywes daarna het ongetwyfeld gelei tot die historiese besluit van die Algemene Sinode in 1982 om die rassebeleid van die kerk te hersien. Lees verder

Leer meer oor ekologie en die manier waarop ons ander behandel

Sondag 6 Junie was Biddag vir die Ekologie. Jy kan die wêreld verander is die ideale hulpmiddel om kinders en volwasse­nes toe te rus om ’n ekologies verantwoorde lewe te lei. Dit verduidelik die ekologiese problematiek waarmee ons sit en gee raad oor wat elke kind kan doen om ’n verskil te maak. Daar is idees, resepte en selfs ’n voorstel oor hoe ’n mens vuilgoedsakke van koerantpapier kan maak! Verskillende afdelings soos plastiek, klere, rommel, voedsel, tuinmaak, energie, ensovoorts word bespreek. Kliek hier
WêreldVerander

NG Kerk De Rust (Senekal)

NGK-Vrystaat-Sinode-2
Vakature: Leraar (onbepaalde termyn) Sluitingsdatum: 2 Julie 2021 Gemeenteprofiel: De Rust is een van twee NG-gemeentes op die dorp. Die gemeente wil in uitdagende tye 'n baken van hoop wees. Kliek hier
GeopendeDeure
BM_VriendeVanKB3