Kerkbode
BM_VriendeVanKB3
Dié week se keur uit Kerkbode se nuusdekking:

* Amalia is 'n klein plattelandse gemeente by 'n kruispad. En hulle is nie alleen nie, berig Le Roux Schoeman, want landwyd sit die NG Kerk met dieselfde afwaartse lidmaattendens plus 'n skeut interne teologiese spanning op die koop toe. Lees meer.
* Terwyl sommige ringe in die diep platteland binnekort net een of twee voltydse predikante sal hê, is die groot vraag hoe diensleraars en bedienaars in gemeentes ontvang sal word, skryf Lourens Bosman. Lees meer.
* Ná sy onlangse dispuut met die Menseregtekommissie (MRK) oor ’n klag van haatspraak was niemand meer verbaas as dr Chris van Wyk om as voorsitter van die Oos-Kaapse sinode herkies te word nie. Kerkbode stel ’n paar vrae aan die gesoute dóg omstrede kerkleier wat tot onlangs gedink het hy tree oor twee jaar af. Lees meer.

Hartlike groete tot volgende week,

Heléne Meissenheimer namens die Kerkbode-span

Kyk: 'Die Bybel is die Woord van God, dis ons gesagsboek'

“(Die) sinnetjie: “die Bybel is die Woord van God”, is die manier waarop die NG Kerk sê die Bybel is ons gesagsboek,” verduidelik dr James Kirkpatrick, ’n leraar en lid van die ASM se dagbestuur in die videogesprek hieronder met dr Bernice Serfontein. Die video is een van 'n reeks van 13 videos wat die ASM onlangs op YouTube beskikbaar gestel het en gaan oor die NG Kerk se oortuigings, praktyke en prosedures. Kry die hele reeks videos hier
Screen Shot 2021-10-26 at 14.35.05

Kairos in die Kaap: 'Skeuring is nie 'n opsie'

OS1 Strand paneel Elma 2
Kerkskeuring of hofsake is nie in die prentjie nie, het die afgetrede kerkregkenner ds Helgard Janse van Rensburg onlangs by Kairos Netwerk (KN) se eerste byeenkoms in die Wes-Kaap gesê. Maar dit was nie net kerkregpraatjies tydens die geleentheid wat op 23 Oktober by Strand-Moedergemeente plaasgevind het nie. Lees meer.

Hier staan ek nie, ek kniel ...

“God help my. Amen.” Dít was die oorspronklike woorde waarmee Martin Luther op 18 April 1521 – vanjaar vyfhonderd jaar gelede – sy verweer by die Ryksdag van Worms afgesluit het. Die woorde “Hier staan ek, ek kan nie anders nie” is eers later toegevoeg, en het só in die volksmond en in die titels van populêre biografieë en films beland, skryf kerkhistorikus Jan Lubbe. Lees meer.
BM Jaarboek Web Banner 2

Dink nuut oor digitaliteit en dissipelskap

Anandie Greyling en Marileen Steyn kyk na die nuutste navorsing in teologie en vra 'So what'? Anandie gesels met bekende skrywer-teoloog Stephan Joubert oor digitaliteit as missionale bedieningsveld (lees meer) terwyl Marileen by dr Pierre Engelbrecht hoor hoe lyk kontemporêre dissipelskap. Lees meer.

Lux Mundi-gemeente in Pretoria soek mede-leraar

Die Vakature-afdeling op Kerkbode se webblad is 'n gewilde afdeling onder lesers. Loer gerus self in om te lees watter poste word geadverteer - daar is van medeleraarsposte soos die een by die voorstedelike Lux Mundi-gemeente tot poste by plattelandse gemeentes oral in die land. Lees meer.

Verhaal van NG Kerk se 'eerste tree na versoening' nou ook as eboek beskikbaar

freek web
Hy was in die voorsitterstoel tydens ’n sinode van vele eerstes … Die eerste sinode wat vroue as afgevaardigdes bygewoon het. Die eerste sinode waar ’n staatshoof ongenooid opgedaag en ’n spreekbeurt gekry het … Maar “wie kon nou vir president Nelson Mandela nee sê?” glimlag ds Freek Swanepoel wanneer hy hierdie episode herroep in ’n gesprek oor sy nuwe boek, Die NG Kerk en versoening, 1994-1998. Die harde kopie kan aanlyn by CLF bestel word of as e-boek by De Novo Boeke.
LiGterInfoBanner1-1920x730