Doodsberigte

Schalk Viljoen

19 September 1947 – 19 Desember 2016 Ds Schalk Willem Viljoen (BA, BTh) is op 19 September 1947 gebore te Hanover in die Groot-Karoo. Later verhuis sy ouers na Garies, ’n gemeenskap by die poort van Namakwaland. Hy matrikuleer in 1965 aan die Hoërskool Garies en voel geroepe om predikant te word.

▸▸▸

Kobus Bornman

1 Augustus 1924 – 9 Augustus 2017 Ds Jacobus Ignatius Bornman (BA Hons, BD) is op 1 Au­gustus 1924 gebore te Vredefort. Sy vader is Schalk Jacobus Bornman wat in die distrik boer en sy moeder is Aletta Jacoba Magdalene Grobbelaar. Kobus begin sy skoolopleiding in 1931 aan die Laerskool Loslapdorings,

▸▸▸

Darius Botha

26 Junie 1955 – 12 Februarie 2018 Dr Daniël Sarel Botha (BA Hons, MA, DD) is op 26 Junie 1955 gebore te Breyten, ’n klein nedersetting tussen Ermelo en Carolina. Darius word ook in Breyten gedoop. Sy vader is Hendrik Egnatius Botha, ’n ketelmaker van beroep, en sy moeder is Jacomina

▸▸▸

Johan Botha

3 September 1935 – 7 Oktober 2018 Ds Jacobus Johannes Botha (BA, Theol Sendinginstituut) is op 3 September 1935 gebore in die distrik Louis Trichardt. Sy vader is Jacobus Johannes Botha, ’n professionele soldaat. Sy moeder is Magdalena Wilhelmina Jacobus Durr, wat ’n klerebesigheid bedryf. Johan bly die eerste elf jaar

▸▸▸

Herbie Brand

21 April 1941 – 14 Augustus 2017 Ds Herbert Jacobus Daniel Brand (BA, Cand Th) is op 21 April 1941 gebore in Kaapstad tydens die Tweede Wêreldoorlog. Herbert of Herbie soos sommige hom genoem het, het altyd met humor verwys dat hy en koningin Victoria van Engeland op dieselfde dag verjaar.

▸▸▸

Sam Buckle

9 Augustus 1922 – 20 Oktober 2018 Ds Samuel Hendrik Reyneke Buckle (Sendinginstituut Wellington) is op 9 Augustus 1922 gebore op die plaas Magdalena naby Riebeek-Kasteel. Sy vader is Christiaan Lombaard Buckle wat die Here as boer dien en sy moeder is Engela Cornelia Maria Reyneke. Sy sterf met die geboorte

▸▸▸

Gawie Conradie

8 Julie 1934 – 18 September 2018 Ds Gabriël Bartholomeus Jacobus Conradie (BA, BTh) is op 8 Julie 1934 gebore te Lichtenburg. Sy vader is Josias Hendrik Conradie, wat boer op die plaas Grootpan by Lichtenburg. Sy moeder is Anna Elizabeth Venter. Gawie begin in 1941 met sy skoolopleiding aan die

▸▸▸

Piet de Vries

18 April 1932 – 29 Augustus 2016 Ds Petrus Johannes de Vries (BA) is gebore te Trekkopje naby Swakopmund in Namibië. Sy vader is Izak Daniël de Vries, ’n stoker op die SAS & H en later ploegbaas wat verantwoordelik was vir onderhoud op die spoorlyn. Sy moeder is Magdalena Christina

▸▸▸

Rassie de Wet

6 September 1942 – 26 Desember 2011 Ds Rasmus Daniel Josias de Wet (BA, BD) is op 6 September 1942 gebore te Springs in die ou Transvaal. Rassie word vernoem na sy oupa Rasmus Daniel Josias de Wet, wat naby Caledon boer. Sy oupa en ouma verkoop hulle grond en trek

▸▸▸

Eggie Dippenaar

14 Oktober 1931 – 4 September 2016 Ds Egbert Johannes Jacobus Dippenaar (BA) is op 14 Oktober 1931 gebore in die distrik Springbok in Namakwaland. Sy vader was Nicolaas Machiel Dippenaar wat as kleinboer ’n bestaan maak en sy moeder is Helena Hendrina Hendricks. Toe Eggie ’n jong seuntjie was trek

▸▸▸

Andrie du Toit

19 November 1931 – 21 Julie 2018 Prof Andries Bernardus du Toit (BA, BD, MA, MTh, ThD, DTh hc) is op 19 November 1931 gebore in Boshof in die Wes-Vrystaat, ’n klipgooi van die diamantstad Kimberley. Sy vader is Hermanus Carel du Toit, ’n onderwyser aan die bekende Rooidakskool op

▸▸▸

Dries Erwee

17 September 1939 – 7 April 2018 Dr Andries Johannes Cornelius Erwee (BA, BTh, MTh, DTh) is op 17 September 1939 gebore te Stanford. Sy vader is Stephanus Petrus Erwee, ’n onderwyser en boer, terwyl sy moeder, Margaretha Elizabeth du Toit, ’n onderwyseres is. Albei is diep gelowig en maak hulle

▸▸▸

Willie Fourie

15 November 1936 – 15 April 2018 Ds Willem Jacobus Fourie (BA) is op 15 November 1936 gebore en is bestem om vir die Here te werk. Na sy matrikulasie berei Willem hom voor om sendeling te word. Nadat hy die BA-graad verwerf het, kry hy toegang tot die Teologiese Kweekskool

▸▸▸

Louis Giliomee

7 Januarie 1924 – 5 Mei 2016 Ds Louis Nigrini Giliomee (Wellington Sendinginstituut) word op 7 Januarie 1924 gebore op ’n plaas in die distrik Bredasdorp. Sy vader is Jurie Johannes Blom Giliomee en sy moeder is Elizabeth Maria Johanna Nigrini, wat saam die Here op ’n boereplaas dien. Hy word

▸▸▸

Hiempies Human

5 Junie 1937 – 24 Mei 2018 Ds Johan Sadie Human (BA, BTh) is op 5 Junie 1937 gebore te Vredenburg aan die Weskus. Sy vader was Jacobus Nicolaas Human, ’n klerk van werke by die Tygerberg Hospitaal. Sy moeder is Jacomina Johanna Elizabeth Sadie, ’n onderwyseres. Johan of Hiempies soos

▸▸▸

Jan Knipe

19 Februarie 1932 – 18 Junie 2016 Ds Johannes Abraham Vollgraaff Knipe (BA, MTh) is op 19 Februarie 1932 gebore te Kenhardt in die Noordweste. Hy ontvang die naam van sy oupa aan moederskant. Sy ouers is Richard Alexander Knipe en Anna Margaretha Vollgraaff. Sy vader dien die Here as boer

▸▸▸