Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2025

Reekse

REEKS 3: Twee invloede onderlê die stories wat deelnemers by vanjaar se Slypskool vir Skrywers (2024) ingedien het: “menslike biblioteke” en “bakengemeentes”.  Lees MEER.

REEKS 2: Gesprekke met moderators van die Algemene Sinode: 1962 tot op hede | Die Algemene Sinode (AS) van die NG Kerk het in Oktober 1962 vir die eerste keer vergader. Die aanloop na die eerste sitting van die AS het reeds in 1907 plaasgevind toe die Raad van Kerke in die lewe geroep is. Hierdie Raad het die sinodes van die NG Kerk in ’n federale verband saamgebind. Vanjaar, van 15-20 Oktober, sal die Algemene Sinode van die NG Kerk weer in sitting wees en Kerkbode het met die oorlewende voorsitters van die Algemene Sinode onderhoude gevoer wat in komende uitgawes hier gepubliseer sal word.


REEKS 1: Leraars praat oor pandemie se straf én geskenke

In die middel van die Covid-19-pandemie het Marileen Steyn onderhoude met meer as 40 predikante gaan voer. Sy wou hoor:
· Wat was jou belewenis van 2020?
· Hoe het jy ge-cope?
· Watter “geskenk” het Korona vir jou gegee?
· Wat het in jou teologie gebeur?

Steyn sê oor die projek: “Wat die resultaat bied, is iets soos ’n tydkapsule. Iets wat jare later ons kan help verstaan hoe die tyd gelyk het, wat mense se belewenis van die pandemie was. Dit is woordportrette van NG predikante in ’n spesifieke tyd: aan die einde van 2020. Miskien is dit belangrik om dit van die begin af duidelik te maak dat baie van die predikante reeds ses maande na ons onderhoude laat weet het dat hulle en hulle gemeentes op heel ander plekke is. Dit is juis die punt van ’n tydkapsule. Dit verteenwoordig ’n oomblik, nie ’n ewigheid nie.”

Hierdie navorsingsprojek is in samewerking met die Sinode van Wes-Kaapland gedoen.

Gert Nothnagel praat oor sy woestynjaar. Foto: verskaf
Gert Nothnagel praat oor sy woestynjaar. Foto: verskaf

‘My hele bedieningstyl is op sy kop gekeer’

Marileen Steyn in gesprek met Gert Nothnagel As jy iewers tussen Uniondale, Oudtshoorn en George verdwaal, beland jy dalk net mooi op Gert se voorstoep in Herold. Is jy dan nie seker of dit wel sy huis is nie, gaan staan op die stoep en kyk voor jou uit oor die tuin voor die kerk. […]

‘My hele bedieningstyl is op sy kop gekeer’ Lees verder

Reeks 1: Predikante in 'n pandemie Reekse
Jan Grobbelaar vertel van sy broosheid. Foto: verskaf.
Jan Grobbelaar vertel van sy broosheid. Foto: verskaf.

‘Ons sal vir jou glo’

Marileen Steyn in gesprek met Jan Grobbelaar Ek het al ’n paar keer in my lewe deur Prince Alfred Hamlet gery, maar nog nooit baie oor die plek gedink nie. Ek het gesien dat daar baie pakhuise is en ek is altyd op die uitkyk vir ’n spoedkamera – maar dis ongeveer al. Jan Grobbelaar

‘Ons sal vir jou glo’ Lees verder

Reeks 1: Predikante in 'n pandemie Reekse
Caro Botha* praat oor die verskil tussen oorlewe en lewe. Foto ter illustrasie.
Caro Botha* praat oor die verskil tussen oorlewe en lewe. Foto ter illustrasie.

‘Jy weet wat jy moet doen, maar jy is dikwels so moeg’

Marileen Steyn in gesprek met Caro Botha* Sy het baie gespanne voorgekom toe ek haar die eerste keer gesien het. Aanvanklik het ek gedink dis omdat sy haastig was, maar later het ek beter verstaan. Ons sit in ’n kafee met plastiek om die aansitruimte, een van Covid-19 se gevolge. Sy is eintlik op siekteverlof,

‘Jy weet wat jy moet doen, maar jy is dikwels so moeg’ Lees verder

Reeks 1: Predikante in 'n pandemie Reekse
Michelle Boonzaaier gesels oor kreatiewe woede. Foto: Elsa van Nieuwenhuyzen.
Michelle Boonzaaier gesels oor kreatiewe woede. Foto: Elsa van Nieuwenhuyzen

‘I was angry, an angry black woman anger’

Marileen Steyn in gesprek met Michelle Boonzaaier Michelle sit in haar swart rok in die skaduwee van haar stoep. Ons lag en gesels en in my agterkop probeer ek die taal vind om te kan beskryf hoe lig haar persona is, haar menswees. Ek beleef haar teenwoordigheid as warm. Die manier waarop sy oogkontak maak,

‘I was angry, an angry black woman anger’ Lees verder

Reeks 1: Predikante in 'n pandemie Reekse

Kopiereg © Kerkbode 2025

Scroll to Top