Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2025

Dana Snyman

Edwinah kom by die blinkrooi stoep se trappies af. Haar ma, tannie Wilna, kom groet en ons gaan sit in die sitkamer. Tannie Wilna is die een wat al vir vyftig plus jaar elke Paastyd die kerrievis maak volgens haar Van Reenen-ma se resep. En daardie resep kom weer van háár ma af. So ’n resep is ’n erfstuk, wat van geslag na geslag oorgedra word, vertel Dana Snyman.

Kerrievis op Goeie Vrydag: familie, stories en ’n resep

In een van die Spar op my dorp se oop koelkaste merk ek dit die oggend op: plastiekbakkies met kerrievis in. Gepiekelde vis, soos dit ook genoem word. Elke jaar vergeet ek so half en half daarvan, en elke jaar in Paastyd word ek weer daaraan herinner: In die bruin gemeenskap in die Kaap is […]

Kerrievis op Goeie Vrydag: familie, stories en ’n resep Lees verder

Dana Snyman
"Miskien is dit ’n ou ding, ’n diep ding, wat maak dat ’n mens nuuskierig is oor iemand wat jy nie ken nie se troue? Het die mens dalk ’n natuurlike behoefte om te deel in ander se vreugde en hulle verbintenis aan mekaar?" skryf Dana Snyman in sy Kerkbode-rubriek. Foto ter illustrasie: Marzahn Botha

Hoekom gryp ’n troue ’n mens so aan?

Daar is weer ’n troue by die trouplek ’n ent strand-af, sien ek toe ek en die honde oor die duin kom vir ons middagstappie. Dit is ’n Vrydagmiddag, en dit is Desember. By ons trou hulle in Desember op weeksdae ook. Die gaste staan daar rond. ’n Paar sit al op van die houtbankies

Hoekom gryp ’n troue ’n mens so aan? Lees verder

Artikels Dana Snyman
In November verlede jaar ry ek ’n wye draai deur die land en kom vir die vierde keer in my lewe op Nkandla. Hierdie keer is Manji se oom Jacob in ’n hospitaal in Durban nadat hy uit die gevangenis op Estcourt op mediese parool vrygelaat is. En haar pa, wat ook ’n huis in Durban het, is weer nie tuis nie, vertel Dana Snyman in sy jongste rubriek. Foto: Dana Snyman

Dana besoek: Die ander Nkandla …

Dit gaan goed met Manji Zuma en haar mense op Nkandla. Soos by baie ander in die land sukkel dit maar met geld. Dit is soos dit is. Ons ken mekaar al tien jaar, ek en Manji. Tog ken ons mekaar ook nie: Sy kan nie Afrikaans praat nie, ek nie Zoeloe nie, en haar

Dana besoek: Die ander Nkandla … Lees verder

Dana Snyman Rubrieke
Jakob het in die Bybelse tyd by Bet-el met ’n engel geworstel, en hier, op hierdie plek in Boksburg, het Japie Terblanche ’n bietjie met ’n trein geworstel, vertel Dana Snyman in die rubriek hieronder oor ’n geesdriftige treinbekruiper.

Dana Snyman | Langs die spoorlyn met ‘n treinbekruiper

Oom Japie kyk vir die soveelste keer op sy horlosie. “Kom, ons moet gaan,” sê hy en tel sy kameratjie van die tafel af op. “Die Rovos Rail moet nou naby wees.” Ons stap by die voorhekkie uit, ek en hy, op teen ’n hoë wal tot bo waar die twee spoorlyne lê – die

Dana Snyman | Langs die spoorlyn met ‘n treinbekruiper Lees verder

Dana Snyman Rubrieke
Pa staan op die preekstoel in sy toga, met sy arms in die lug, sy handpalms oop, besig om die seën oor die gemeente uit te spreek. Foto: Verskaf

Om met meer genadige oë na die wêreld te probeer kyk

Nou die dag kom ek weer af op die foto wat ek een Sondagoggend met my Kodak Instamatic-kameratjie van Pa in die kerk op Naboomspruit geneem het. Dit lê hier by my op my skryftafel. Daar staan Pa op die preekstoel in sy toga, met sy arms in die lug, sy handpalms oop, besig om

Om met meer genadige oë na die wêreld te probeer kyk Lees verder

Dana Snyman Rubrieke
Dana Snyman skryf: Die foto wat Pa op ds Ferdie Weich se sendingstasie op Tsum­kwe in die ou Suidwes-Afrika geneem het, lê nou al vir lank op my skryftafel. Ek het dit tussen Pa se skyfies gekry en het ’n afdruk daarvan laat maak. Hier staan vyf mans in die veld. Boesmans. San-mense. In broeke en hemde. Foto: Verskaf

Ek hoor nog die klik-klak van die gesprekke tussen ds Weich en die San-mense

Die foto wat Pa op ds Ferdie Weich se sendingstasie op Tsum­kwe in die ou Suidwes-Afrika geneem het, lê nou al vir lank op my skryftafel. Ek het dit tussen Pa se skyfies gekry en het ’n afdruk daarvan laat maak. Op die foto staan vyf mans in die veld. Boesmans. San-mense. In broeke en

Ek hoor nog die klik-klak van die gesprekke tussen ds Weich en die San-mense Lees verder

Dana Snyman Rubrieke
Op die langpad luister Dana Snyman na ’n preek wat hom leeg laat voel, terwyl tonele soos hierdie een net duskant Sasolburg, buite die motorvenster verby flits. Foto: Dana Snyman

As ’n preek jou bang en leeg laat

Die land kasty my terwyl ek al verder noord ry. Elke dorp met sy plakkersbuurt, soms groter as die dorp self. Bedelaars. Slaggate in die pad. Die nuus van nóg ’n moord oor die radio, nóg ’n rooftog, nóg ’n korrupte amptenaar iewers. Iemand het vroegoggend vir my ’n video op my selfoon aangestuur, en

As ’n preek jou bang en leeg laat Lees verder

Dana Snyman Rubrieke
Ds Reggie Boesak woon al vir jare op Montagu en is onder meer betrokke by die museum, wat in die ou sendingkerk op die dorp ingerig is. Die oorspronlike preekstoel staan nog hier, met die wynrooi kleedjie wat verklaar: Ziende op Jezus. Foto: Dana Snyman

Oor onthou en vergewe … Dana Snyman gesels met Reggie Boesak

“The past is never dead. It’s not even past.” – William Faulkner In die museum op Montagu raak ek met ds Reggie Boesak aan die gesels. Hy vertel hoe hy op Kakamas in die Noord-Kaap grootgeword het, lank voor 1994. Sy pa was ’n skoolhoof en hoofouderling, ’n swart man. Sy ma, ’n wit vrou.

Oor onthou en vergewe … Dana Snyman gesels met Reggie Boesak Lees verder

Dana Snyman Rubrieke
Jan Mankopaan is 'n man van geloof. Jy moet dit wees as jy so ’n ou ryding het soos dié Nissan-1400-bakkie. Foto: Dana Snyman

Kanniedood karretjie hoop alles, verdra alles, glo alles

Op Sutherland staan Jan Man­ko­paan by sy gedaan Nissan 1400-bakkie. “Hier’s darem nie te veel verkeerd nie,” sê hy en wikkel die enjinkap oop. Jan se bakkie se enjin is ’n stillewe in olie en desperaatheid. Geen lugfilter nie. Geen vonkverdeler nie. Die battery verweerd. “Eintlik moet ek nou maar net sy tyd stel.” Jan

Kanniedood karretjie hoop alles, verdra alles, glo alles Lees verder

Dana Snyman Rubrieke
Kerkgebou op ’n weeksdag: "’n Mens raak altyd eerste bewus van die lig in so ’n kerkgebou. Of die gebrek aan lig, want sulke kerke het dikwels loodglasvensters of gekleurde rui­te. Soos dit behoort te wees," skryf Dana Snyman in sy rubriek hieronder. "Party mense sê dit is te somber vir hulle in so ’n kerk, te ouwêrelds, te styf en formeel. Dit voel soos ’n museum. Ek is juis op soek daarna. Die donker plek­ke binne-in my soek juis so ’n effense skemerte, wat ruik na meubelolie en op­gegaarde stof in orrelpype en genade en swaeltjieneste onder die dakkappe." Foto: Dana Snyman

Dana Snyman: Om die binne-chaos te verdryf

Wanneer ek op die langpad is, hou ek soms by kerke stil. Op dorpe en in die stad. Veral ou kerke, met ’n toring en ’n sipres of twee in die tuin. Afrikaanse kerke. NG kerke. Meestal is die gebou gesluit as dit ’n weeksdag is, en dikwels is daar ’n tralieheining rondom die kerkterrein,

Dana Snyman: Om die binne-chaos te verdryf Lees verder

Dana Snyman Rubrieke
Foto verskaf

Dana onthou: Ma. Saam met mev Betsie Verwoerd, nogal

Hier staan julle met julle kerkhoede op, Ma. Saam met mev Betsie Verwoerd, nogal. Die eer­ste minister, dr HF Verwoerd, se vrou. In 1965. Of was dit in ’64? Ek is nie seker nie. Lizette Murray het die foto onlangs vir my gestuur. Haar ma, tannie Nelie Vlotman, is ook op die foto. Tannie Nelie

Dana onthou: Ma. Saam met mev Betsie Verwoerd, nogal Lees verder

Dana Snyman Rubrieke

Kopiereg © Kerkbode 2025

Scroll to Top