CMR Noord – Laat daar Lig wees-projek vir kinders

Vervul ‘n kind se Kerswens!
Die feesseisoen is om die draai en ons sal graag vanjaar weer glimlaggies op kinders se gesiggies wil sien. Met u hulp is dit moontlik om kinders se Kerswense deur die Laat daar Lig wees-projek waar te maak. Baie kinders gaan hierdie Kersfees geen geskenke ontvang nie, maar met u hulp kan ons dit verander. Help ons deur Kersgeskenke te skenk en so kosbare herinneringe vir hulle te skep.


Gebruik gerus hierdie geleentheid om met u geskenke hierdie Kerstyd vir elke kind op te helder. Die onderskeie Sentrums van Hoop het die kinders wat deur ons gehelp word, gevra om wenslysies te maak. Die kinders se ouderdomme, geslag en wense is op ‘n lys beskikbaar. U kan dus kies vir wie u ‘n geskenk wil gee. U kan ook kies om geld by te dra vir die spesifieke kind, die CMRN-span koop dan die geskenke namens u aan. (Skuilname vir die kinders word gebruik.)


Kontak Mandy de Ridder vir ‘n lys van kinders se Kersgeskenkwense.
072 287 8323 of marketing@cmrn.co.za
Sluitingsdatum vir skenkings: Maandag, 2 Desember

Gebeurtenis plakkaat
Konnekteer met
Gebeurtenis besonderhede
Begin
November 20, 2024 8:00 am
Eindig
December 2, 2024 4:00 pm
Provinsie
Gauteng
Waar gebeurtenis plaasvind
Kindersentrum, Briscoelaan 5, Queenswood, Pretoria
Toegangsfooi
Gemeente/sinode/organisasie
Naam van organiseerder
Mandy de Ridder
Organiseerder e-pos
marketing@cmrn.co.za
Organiseerder telefoonnommer
0722878323
Scroll to Top