Kom en wees deel van ‘n Ester Fees vir vroue in God se blomtuin die 15de Maart 2025! In die pragtige Oos-Vrystaat kan jy ’n ontmoeting met jou Hemelse Vader hê!
As vrou kan jy jou daglánk verlustig in die Here se Teenwoordigheid, terwyl die sagte wind van die Heilige Gees die lieflike geur van jou teenwoordigheid versprei! Ons teks vir die dag is Hooglied 4:12-16. Jy gaan ontdek of herontdek hoe kosbaar jy vir jou Here is!
Bring jou Ma, dogter of vriendin saam en maak ‘n naweek hiervan!
Ionia Kersieplaas: R26, tussen Fouriesburg en Ficksburg