NG Gemeente Rensburg vier hierdie jaar haar 75ste bestaansjaar. Op 13 Mei 1950 het Rensburg gemeente amptelik afgestig van die Moedergemeente in Heidelberg. In Julie 1950 is die gemeente se kerksaal gebou, wat later omskep is in NG Rensburg se huidige kerkgebou.
NG Rensburg vier dankbaar die Here se genade wanneer ons oor 75 jaar terugkyk en sien hoe God ons gemeente gedra het. Ons bied hierdie jaar ’n Feesnaweek aan van 6-8 Junie 2025.
Vrydag 6 Junie 2025
Saterdag 7 Junie 2025
Sondag 8 Junie 2025
Ons wil graag alle oud leraars van NG Rensburg uitnooi, asook alle oud-lidmate en vriende van die gemeente om Sondag 8 Junie 12:00 saam ons Nagmaal te vier waarin ons dankbaar voor God neerbuig vir die 75 jaar wat die gemeente reeds bestaan. Na afloop van die diens sal verversings bedien word.
Vir enige navrae (en kaartjie verkope) skakel:
Ds. Quinten Schimper by 076 687 7410 of quinten.schimper@gmail.com
Wendy Reyneke by 072 777 0943 of wendy@meerkatit.co.za