Kaskar 2026 is om die draai. 14 Augustus trek verskillende spanne, jonk en oud, weer weg om te sien wie die meeste en die vinnigste rondom die kerk kan hardloop. Dit is NG Universiteitsoord se grootste fondsinsamelings projek vir die jaar. Die fondse word gebruik om ons gemeente te onderhou, uitreike van studente te ondersteun en ons preekreekse aan die gang te hou!
Ons skop hierdie jaar ‘n nuwe projek af “DRIVE TO SURVIVE” waar ons nie-bederfbare kos gaan insamel en seker maak ons maak ‘n verskil in ons gemeenskap. Ons vat hande met al die Oppistoep-gemeentes asook Life Abundant wat gaan help om die kos na honger studente te versprei.
Besoek ons webtuiste – www.universiteitsoord.co.za/kaskar om meer uit te vind oor hierdie projek of kom sien hoe word dit gedoen op die 14de Augustus by NG Universiteitsoord.
Kom kuier en eet lekker saam of neem deel aan die resies! SIEN JOU DAAR!