‘n Terugblik, ’n gesprek en ’n soeke na ’n profetiese publieke getuienis
Van 17 tot 19 Maart 2026 word predikante, gemeenteleiers en navorsers genooi na ’n besondere Kerk en Samelewing-konferensie by NG Kerk Stellastraat Gemeente in Pretoria. Hierdie byeenkoms bied ruimte om saam terug te kyk op die NG Kerk se pad oor die afgelope 40 jaar, en om nuut te besin oor die kerk se roeping tot ’n geloofwaardige, profetiese en publieke getuienis in ons tyd.
Oor dekades heen het Kerk en Samelewing diep spore in die lewe van die kerk gelaat. Besluite en prosesse wat in die 1970’s en 1980’s geneem is, word vandag steeds in ons land uitgeleef — soms met vrug, ander kere met spanning.— veral wanneer gemeentes en kerkleiers probeer onderskei hoe om getrou en verantwoordelik in ’n veranderende samelewing te leef.
Hierdie konferensie skep ’n ruimte om eerlik te luister, saam te onthou, en nuut te onderskei: Hoe het ons hier gekom, en hoe gee ons vandag gestalte aan ’n geloofwaardige publieke getuienis?
Registrasieform: Klik op webskakel onder