Ons hou kerkbasaar Saterdag 26 Oktober, met stalletjies, groot verskeidenheid kos en verversings (poeding, koeke, terte, en lekkergoed), kindervermaak, wit olifanttafel, en vele meer! Die SANBS is ook aan diens vir diegene wat wil bloed skenk. Vrydagaand, die 25ste Oktober, begin ons die feestelikheid met ‘n musiekkonsert aangebied deur die Kempton-Hoogland “band”. Kaartjies hiervoor is beskikbaar vanaf slegs R30 pp.