Hoe ontsaglik die gedagte dat die Seun van God, die Een wat van ewigheid tot ewigheid by die Vader was en is, die Een deur wie alles geskep is, afgebuk het na ons gebroke wêreld. Hy het ons pyn beleef en namens ons gely al was Hyself sonder sonde (Heb 4:15). Dit was God, in die vlees, wat Homself vir ons geoffer het. Dit is wat ons in hierdie seisoen vier.