‘n Egskeiding beëindig ‘n verhouding, maar nie ouerskap nie.
‘n Egskeiding bring groot veranderinge vir die hele gesin. Woon ‘n twee-dag kursus in Gedeelde Ouerskap by. Die Gedeelde Ouerskap-kursus van CMR Noord bied ouers praktiese leiding en professionele ondersteuning om hierdie verandering op ‘n gesonde manier te hanteer en die beste besluite vir hul kinders te neem.
Die kursus help ouers om die emosionele impak van ‘n egskeiding te verwerk, effektief met ‘n eksmaat te kommunikeer en konflik op ‘n gesonde manier te hanteer.
Ouers leer hoe konflik hul kinders beïnvloed en hoe werkbare ouerskapreëlings en tydskedules groter stabiliteit vir hul kunders skep. Hulle leer hoe om gedeelde ouerskap in die beste belang van hul kinders te beoefen.
Die kursus word aangebied deur Wilna Stander, ‘n ervare maatskaplike werker wat al vir baie jare ouers met opleiding en begeleiding ondersteun.