Laat Daar Lig Wees – Maak ’n kind se Kerswens waar!
CMR Noord se Sentrums van Hoop stel elke jaar wenslyste saam van kinders by wie hul maatskaplike werkers betrokke is. Elke lys bevat ’n kind se skuilnaam, ouderdom, geslag en Kerswens. Jy kan help!KontakMandy de Ridder, vra ’n wenslys aan, kies ’n kind en koop die geskenk waarvoor hy of sy wens. Die geskenke word tydens die Sentrums van Hoop se Kerspartytjies uitgedeel. Maak hierdie Kersfees ’n kind se wens waar!
Kontak Mandy by 072 287 8323 of marketing@cmrn.co.za