Die Local is Lekker Feesmark, wat op 10 Oktober 2026 by Hugenote Kollege plaasvind, is baie meer as net ‘n mark. Ons droom is om ‘n geleentheid te skep waar die hele Wellington-gemeenskap kan saamkom, plaaslike entrepreneurs ondersteun, nuwe talent ontdek en die unieke gees van ons dorp vier.