Die Makadamiafees van NG Kerk Alkmaar. Ons klein “dorpie” Alkmaar (20 km wes van Nelspruit) is geleë in die hart van die Makadamia-hub van Suid Afrika. Die meeste van ons boere het Makdamiabome. Ons kerk is geleë direk langs 2 van die kroot kraakhuise. En net 1 km van ons af, direk llangs die N4 hoofweg, gaan ons op 1 Augustus. 2026 vanaf 09:00 ons fees by Kwanyoni Lodge hou. Hierdie is ‘n Gemeente- en familiefees waar almal welkom is. Kom geniet die dag ek kom koop na hartelus. (Uitstallers welkom).