NG Universiteitsoord se gerestoureerde orrel word feestelik heringewy
Ná ’n omvangryke restourasie word die orrel op Woensdag 14 Oktober om 18:30 feestelik heringewy tydens die eerste in ’n reeks herinwydingskonserte.
Die orrel, wat in 1967 gebou is en meer as 3 000 pype het, is een van Suid-Afrika se groter kerkorrels en word vir beide eredienste en konserte gebruik.
Die aand sluit ook die amptelike sleuteloorhandiging van die gerestoureerde instrument aan die gemeente in.
Kom vier hierdie besonderse mylpaal saam met ons by NG Universiteitsoord. Die konsert bring die orrel, klavier, viool en trompet bymekaar, met verskeie bekende Suid-Afrikaanse musici.
Woensdag 14 Oktober om 18:30 by NG Universiteitsoord, Pretoria. Kaartjies is R100 en by die deur beskikbaar.