NG Universiteitsoord se pyporrel was die afgelope paar maande stil terwyl dié besondere instrument ’n omvangryke restourasie ondergaan het. Nou is die orrel silwerskoon, gerestoureer en gereed om sy stem weer in volle glorie te laat hoor!
Ons nooi jou hartlik uit om hierdie besondere mylpaal saam met ons te vier tydens ’n reeks herinwydingsgeleenthede en konserte!