Aandag gholfers!
Kom speel vir ’n goeie doel …
Elke dryfhou, putjiehou of kapskootjie kan bydra om die koste vir noodsaaklike maatskaplike dienste aan kinders en gesinne in nood te dek.
Geniet jou gunsteling sport terwyl jy ’n verskil aan baie mense se lewens maak. Kom sluit by CMR Brits aan vir ’n puik dag van gholf en ondersteun so die Red ’n Kind projek.
Elke individu en organisasie se ondersteuning kan ’n pad na herstel en ’n blink toekoms vir kinders en gesinne in nood baan. Die CMR Brits fokus op gesinsbewaring, kinderbeskerming, gemeenskapsontwikkeling en armoedeverligting. Met gesinsbewaring is die klem op ’n holistiese benadering wat die kinders en die hele gesin betrek om te verseker dat die kinders versorg en beskerm word.
Datum: 10 September 2024
Plek: Magaliespark Gholfbaan
Tyd: Shotgun start @ 11:00
Toegangsfooi:
R3400 – vierbal (sluit twee gholfkarre, halfweghuis en aandete in)
Borg ’n putjie: R2000 (sluit ’n bemarkingsgeleentheid tydens die dinee in)
Veiling: Bie op eksklusiewe items en ervaringe.
Tombolatrekkings: Skryf in en staan ’n kans om heerlike pryse te wen.
Pret vir elke vlak van vaardigheid: Almal is welkom, van ervare spelers tot beginners. Dit gaan alles oor pret en die ondersteuning aan hierdie wonderlike saak.
Vir bespreking en meer inligting: Elmari 082 749 4546 of by elmari1660@gmail.com
Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.