Kom kuier saam by ’n feestelike aand vol liggies, kersmusiek en 60 uitstallers! Geniet heerlike stalletjies, kamptoerusting, leerprodukte en meer. Vir die manne is daar ’n Mnr Skuilkrans-kompetisie – poseer langs die Ford-bakkie en kry stemme! Hardloop of stap saam met RunWalkForLife Willows, en bring jou troeteldier vir die Vrolike Vriende-parade. Wys jou kreatiwiteit op ons Cat Walk met ’n selfgemaakte uitrusting. Groot pryse is op die spel! Bring jou gesin, kombers en stoel, ontspan en vier die Kersfeesgees saam met ons. Dis meer as ’n mark – dis ’n kuier vol warmte en saamwees!