Leraar wat ver wil fiets vir kerkprojek kort nog hulp: Slaapplek, borge en selfs mede-trappers
Van 17-30 Maart vanjaar wil ds Wynand Breytenbach te fiets die lang pad van Durbanville in die Wes-Kaap tot op die plattelandse dorpie in die Oos-Kaap genaamd Zithulele aflê. Die doel is fondswerwing om ’n kerk/gemeenskapsentrum te bou in Zithulele, ’n gemeenskap met wie Breytenbach ’n sterk band het. ‘Dis 1300 km (tot daar), en ons wil 1R per meter insamel,” verduidelik dié leraar by Durbanville gemeente die plan van aksie. Hieronder vertel hy meer en deel ook hoe ondersteuners betrokke kan raak.
Wat: Ons bou ‘n kerk/gemeenskapsentrum
Hoekom: Die kerk en dorp groei (11 buiteposte)
Hoe: Ons fiets Zithulele toe met jou kuite of finansiële ondersteuning