Kerkbode banier

By die ASM: 33% afname in voltydse predikantsposte

Tydens 'n onlangse vergadering van die NG Kerk se Algemene Sinode Moderamen (ASM) is, ondermeer, sake bespreek soos die uitslae van die nuutste sensusopname onder gemeentes.
’n Paar belangrike syfers kom na vore, luidens ’n bondige Kerkspieël-verslag:
  • Van 2018 tot 2022 het 47 gemeentes ophou bestaan deur saam te smelt met ’n ander gemeente. Dit verteenwoordig 4,2% van die gemeentes wat in 2018 bestaan het.
  • In dieselfde tyd het voltydse predikantsposte met 33,36% afgeneem.
Lees meer hieroor asook oor sake soos 'n "langtafel"-inisiatief vir 16 Desember, klarigheid oor die formulier vir selfdegeslagverbindtenisse, teologiese opleiding en belangrike datums vir 2023 HIER.
b9b14fb3-f801-43c8-b4b1-74d0f30e1524

Gemeentes kan dienspligveterane help afsluiting vind

Daar is verskeie redes waarom ’n groot groep voormalige nasionale dienspligveterane op die vooraand van pensioenouderdom nog onverwerkte trauma het. Dr Roelf Schoeman verduidelik hoekom hulp aan hierdie groep nie net ’n saak tussen ’n veteraan en ’n berader behoort te wees nie, maar in hulle plaaslike gemeenskappe geanker moet wees en hoe gemeentes ’n groot bydrae in hierdie verband kan maak.
Lees verder
Chaplains 1984

Biografie: 'Sonder liefde is ek bankrot,' skryf rockster

Hands up BONO
Bono (doopnaam Paul David Hewson) se outobiografie is deurtrek met Bybelse verwysings, geloofsworstelinge en nederige geloofsbelydenisse, skryf Francois Mulder met die verskyning van Surrender: 40 songs, one story deur die hoofsanger van die Ierse rockgroep U2. Lees verder

Bybelgenootskap van SA kry tussentydse hoof

Ds Rodney van Wyk is onlangs as die tussentydse uitvoerende hoof van die Bybelgenootskap van Suid-Afrika (BSA) aangewys. Hy het op 1 November die leisels by ds Dirk Gevers oorgeneem.
Lees verder
Ds Rodney van Wyk
NG OOG Vakature 09-11-2022

Neem deel: Nuwe peiling wil hoor hoe lees NG lidmate en leraars die Bybel

Hoe lees, verstaan en interpreteer jy die Bybel? Die Algemene Taakspan Navorsing van die Algemene Sinode is besig met ’n meningsopname om juis dit by respondente te hoor.
Vul hierdie kort, anonieme vraelys in om deel te neem: https://www.surveymonkey.com/r/PKF82RZ
Kerkbode_Info-skets 202165

Afrikaanse Kersoratorium blaas nuwe lewe in ou liedere

Lig van waarheid Instagram
Die storie van die geboorte van Christus word op ’n baie besonderse manier vertel deur koorsang. Met sy nuwe Afrikaanse Kersoratorium, Lig van waarheid, wil hy die luisteraars neem na ’n magiese plek waar gehore hulleself in die storie kan verdiep, vertel komponis Franco Prinsloo.
Lees verder

Leraarspos: NG Sydenham (Gqeberha)

Die NG Gemeente Sydenham in Port Elizabeth (Gqeberha) nooi biddend gelegitimeerdes van die NG Kerk uit om aansoek te doen vir ’n deeltydse pos
(onbepaalde termyn). Lees verder
NGK - Oos-Kaapland Sinode
Kerkbode bestel

Leraarspos: NG Fraserburg (Karoo)

Fraserburg is ’n klein plattelandse Karoogemeenskap met ongeveer 240 lidmate. Die gemeente soek ’n meelewende geestelike leier.
Lees verder
NGK - Wes-Kaapland Sinode

LOOPBAANSKUIWE in die NG Kerkfamilie

Nortier gesin
VRYSTAAT BEVESTIGING
Ds HHS (Mias) Nortier van Despatch-Eendrag het die beroep as voltydse leraar na NG Kerk Jacobsdal aanvaar. Sy bevestiging het plaasgevind op 6 November 2022. Ds Ampie Swanevelder het die bevestiging waargeneem. . Lees meer
BM Adopt a Prisonor Web Banner
Daar is min publikasies met ’n tema en aanslag waarin beide Tinder en Luther figureer. En nog minder publikasies waarin jy Luther, Tinder, Netflix en ART (Assisted Reproductive Technologies) sal raaklees. 'Sexual reformation?' is so ’n boek … en een met ’n belangrike vraagteken in die titel, verduidelik dr Manitza Kotzé, een van die drie redakteurs van hierdie nuwe bundel. Lees meer
Screen Shot 2022-11-14 at 10.31.55
ngknet-kERSFONDS2

Nuwe loopbaangeleenthede

Besoek Vakatures vir loopbaangeleenthede in die NG Kerk asook in kerklike maatskaplike sowel as ander Christelike nieregeringsorganisasies.
BM StuurVreugdeOmslag Web Banner 2