
1 EN 2 SAMUEL (BYBELBOEKE)
Skrywer: WS Boshoff

1 EN 2 SAMUEL (BYBELBOEKE). Samuel* was nie die skrywer van die twee Samuelboeke nie en hy is ook nie die hoofkarakter daarin nie. 1 Samuel begin wel met sy ma, Hanna*, se hartseer oor haar kinderloosheid. By die heiligdom in Silo* smeek sy vir ’n kind. Die priester Eli* verseker haar dat haar gebed beantwoord sal word. Dit gebeur met die geboorte van Samuel.
Sy geboorteverhaal is een van drie wat by die aanvang van groot epogte in Israel* se geskiedenis staan: Isak* s’n aan die begin van die aartsvadergeskiedenis, Moses* s’n aan die begin van die nasionale geskiedenis en Samuel s’n aan die begin van die koningsgeskiedenis.
Inhoud: Die Samuelboeke bevat verhale oor ’n periode van groot veranderings in Israel. Dit is die oorgang van die rigterstydperk na die era van die konings. Trouens, in die Septuaginta* (die ou Griekse* vertaling van die Ou Testament*) en die Vulgaat* (die ou Latynse vertaling) word dit “1 en 2 Koninkryke” genoem, en wat ons vandag as 1 en 2 Konings* ken, is daar “3 en 4 Koninkryke”. In die driedelige samestelling van die Hebreeuse* Bybel wat uit die wet*, profete* en geskrifte* bestaan, is dit deel van die profete. Die groot rol wat profete in hierdie boeke speel, maak dit verstaanbaar waarom die Jode* dit onder die Vroeë Profete gegroepeer het.
Die verhale van Samuel, Saul* en Dawid* oorheers die inhoud van 1 Samuel, terwyl 2 Samuel volledig oor Dawid handel. Die verhaalkomplekse van die drie is nie afgeronde en afsonderlike eenhede nie, maar oorvleuel met mekaar en elkeen van die drie figure speel ’n groot rol in die geskiedenis van die ander twee.
Die drie verhaalsiklusse is die volgende:
- Samuel: 1 Sam 1–25 (sy gees word weer in hoofstuk 28 opgeroep)
- Saul: 1 Sam 9–31
- Dawid: 1 Sam 16–31 en 2 Sam 1–24
R250,00
Christelike Kernensiklopedie
Wenner van die Ds Pieter van Drimmelen-medalje! Hierdie unieke ensiklopedie spog met grootse statistieke. Dit het 3250 inskrywings, 1248 volkleur bladsye en 163 medewerkers (waaronder teoloë, historici, literatore en joernaliste). Die medalje is toegeken aan die hoofredakteur, dr. F.M. Gaum
Vriende van Kerkbode
Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus
Vriende van Kerkbode
Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus
Vakatures
Vakatures

FEBA Radio SA: Deeltydse verteenwoordigers
16 Julie 2026

NG Kerk Petrusburg (Vrystaat): Predikant
14 Julie 2026


NG Kerk Swakopmund: Jeugwerker
14 Julie 2026