Vennote vertel oor hulp tydens rampe: ‘Behoefte word bepaal deur mense op grondvlak’ – ds Alex Clark, Diaconia
Met die onlangse verwoestende brande in verskeie dele van ons land, is Diaconia se Hoop-en-Versoeningstrust een van die plekke waar NG lidmate en donateurs kan geld skenk en seker kan wees dat dit verantwoordelik aangewend word. Ons gesels met ds Alex Clark van Ceres, ’n lid van Diaconia en kontakpersoon vir Diaconia se Ramphulpaksie. […]



