- Hierdie kennisgewings is op 16 November opgedateer.
- Stuur Amptelike Nuus na kerkbode@tydskrifte.co.za
BEROEP
Prop J (Johannette) de Bruin na Doornkloof; ds JPJ (Jacques) Heymans van Kameeldrif na Pierre van Ryneveld; ds NF (Francois) Jonker van Heidelberg (Gauteng) na Lydenburg-Suid; ds MG (Mart) Leonard van Middelburg-Suid as diensleraar na Middelburg-Karoo; ds C (Carl) Schunke van Koedoesrand na Petrusburg; ds SWP (Schalk) Scott van Klerksdorp-Goudkop na Mosselbaai.
AANVAAR
Ds SE (Edwin) van Wyk van Randpoort na Stad op die Berg (Louis Trichardt).
WES-KAAPLAND
BEROEP
Op die kerkraadsvergadering van 26 Oktober 2026 is ds SWP (Schalk) Scott van NG Klerksdorp-Goudkop beroep na NG Moedergemeente Mosselbaai. (Corné Human, admin- en kommunikasiebeampte: NG Moedergemeente Mosselbaai, 27.10.2026).
OOS-KAAPLAND
BEROEP
Ons gemeenteraad het die volgende persoon beroep na NG Kerk Middelburg-Karoo: ds Marthina Gerthina (Mart) Leonard van NG Gemeente Middelburg-Suid. (Lize Benecke, skriba: NG Kerk Middelburg-Karoo, 10.11.2026).
VRYSTAAT
BEROEP
Ek bevestig graag dat ds Carl Schunke met ons kerkraadsvergadering gehou 3 November as leraar beroep is na die NG Kerk Petrusburg. Hy word ’n vastetermyn drie jaar predikantspos aangebied. (Madette Lombaard, skriba: NG Kerk Petrusburg, 10.11.2026).
NOORDELIKE
BEVESTIGING
Hiermee word kennis gegee dat ds Edwin van Wyk op Saterdag 7 November 2026 bevestig is as medeleraar van die NG Gemeente Louis Trichardt Moedergemeente (Stad op die Berg). Sy intreepreek het op Sondag 8 November 2026 plaasgevind.
OOSTELIKE
BEROEP
Graag stel ons Kerkbode in kennis dat die NG Gemeente Doornkloof tydens ‘n beroepingsvergadering op 11 November 2026 vir proponent Johannette de Bruin beroep het na ons gemeente. (Annatjie van der Merwe, skriba: NG Gemeente Doornkloof, 13.11.2026).
Ons stel julle graag in kennis dat ds Francois Jonker van NG Gemeente Heidelberg in Gauteng na NG Lydenburg-Suid beroep is op 11 November. (Lené Nel, kerkkantoor: NG Lydenburg-Suid, 12.11.2026).
Pierre van Ryneveld Geloofsfamilie het tydens ’n beroepsvergadering van 10 November 2026 vir ds Jacques Heymans van Familiekerk NG Kameeldrif as jeugleraar beroep. (Ds Henk Janse van Rensburg, Pierre van Ryneveld Geloofsfamilie, 11.11.2026)
- Amptelike nuus in Kerkbode gaan oor nuwe leraar- en gemeenteskuiwe asook kerkverwante vergaderings binne die NG Kerk. Lees meer oor die nuutste kerkordelike voorskrifte hieroor in hierdie gids.
