Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2025

Bybel-Media

Bybel-Media, die NG Kerk se kerklike media-organisasie, beweeg na ‘n “digitaal eerste”-benadering met meer as 50 jaar ervaring in mediabediening. Die organisasie se visie is om jou inspirasievennoot op die Jesus-weg te wees. Met drukname en bedieninge soos Kerkbode, LiG, Goeie Nuus Media, Mema, Bybelkor, Jeugfokus, Nehemia Bybelinstituut, Flam, Vonkk, en Missio, bedien Bybel-Media ‘n wye spektrum van mense. Die organisasie het in 2002 al die NG Kerk se media-bedrywighede onder een dak gekonsolideer en sedertdien digitale transformasie begin om nuwe digitale kanale te ontwikkel. Bybel-Media se werk word moontlik gemaak deur die ondersteuning van donateurs, wat die organisasie help om die evangelie verder te versprei

FOKUS OP KERKMUSIEK: Só werk die vereistes en voordele van jou gemeente se kerkmusieklisensie 

Musiek is ’n wonderlike uitdrukking van geloof en ’n belangrike deel van jou gemeente se eredienste. Elke noot wat gespeel word en elke woord wat gesing word, help lidmate om hulle geloof te versterk en nader aan God te beweeg.  Dit is egter belangrik om te onthou dat hierdie musiek nie net geestelike waarde dra […]

FOKUS OP KERKMUSIEK: Só werk die vereistes en voordele van jou gemeente se kerkmusieklisensie  Lees verder

Artikels Bybel-Media

Luister saam | Die storie agter Bybel-Media se nuwe storiekanaal, Ligland

As oud-onderwyseres stem Maryke Hansen met kenners saam dat jong kinders se skermtyd bestuur moet word, maar as ma van twee ervaar sy ook dat ’n mate van skermtyd onvermydelik is – toe begin sy droom van ’n ‘veilige’ storiekanaal vir juis sulke tye wat haar kinders tog iets wil kyk.  Maar om tyd te kry in

Luister saam | Die storie agter Bybel-Media se nuwe storiekanaal, Ligland Lees verder

Bybel-Media luister

Elders gesien: ‘Baie dankie! Jou ondersteuning aan Bybel-Media help om die evangelie te versprei’

“Ons sê dankie vir donateurs wat dit vir meer as 50 jaar vir Bybel-Media moontlik maak om ons werk te doen. Julle maak dit vir ons moontlik om die evangelie uit te dra.”  Dit is die boodskap wat dr Nico Simpson, hoof- uitvoerende beampte: Bybel-Media, graag vanjaar wou oordra tydens ’n onlangse “dankie-dag” waaraan die

Elders gesien: ‘Baie dankie! Jou ondersteuning aan Bybel-Media help om die evangelie te versprei’ Lees verder

Bybel-Media Nuus

Fokus op Bybel-Media: Boeke kry nuwe lesers via storievertellers in gemeenskap

Met ’n onlangse besoek aan Atlantis vir ’n Kerkbode-storie oor die sosio-maatskaplike krag van stories, was dit vir Bybel-Media ’n voorreg om ’n bydrae te maak tot die leesstof wat hierdie groep “Little Seeds-storievertellers” met kinders deel.   Bybel-Media is deurlopend besig om Bybelprodukte en -kursusse te ontwikkel wat gemeentes, skole en huisgesinne kan gebruik

Fokus op Bybel-Media: Boeke kry nuwe lesers via storievertellers in gemeenskap Lees verder

Artikels Bybel-Media Video

Kyk: Bybel-Media Kinderkerskous: Só kan jy kinders help om beter te lees

In ons land stoei ons nie net met ongeletterdheid en die swak leesvermoë van kinders nie, maar ook met ’n gebrek aan geestelike blootstelling. Bybel-Media wil kinders deur hul Kinderkerskousprojek help om sowel hulle lees-met-begrip-vermoë te verbeter én hul geestelike ontwikkeling te ondersteun. Bybel-Media ontwikkel al jare lank geestelike leesmateriaal om uit te deel aan

Kyk: Bybel-Media Kinderkerskous: Só kan jy kinders help om beter te lees Lees verder

Bybel-Media Video
“Bybel-Media is ’n inspirasievennoot vir gelowiges in Indië in samewerking met Echo of His Call Biblecor Ministries. Bybel-Media is al meer as 42 jaar betrokke by die werk in Indië en is baie dankbaar dat Bybelkor se materiaal so gebruik kan word tot uitbreiding van Jesus se koninkryk. Ons is dus ’n reisgenoot vir Biblecor India op die Jesusweg,” sê Hannelie Matthee, hoof van fondswerwing by Bybel-Media, in 'n fokus op die bediening in Indië. Foto’s: Verskaf

Bybel-Media in Indië: Van ’n boekie tot ’n omvattende bediening

Stephan Gill was ’n jong seun toe hy op aanbeveling van sy pastoor-oom in 2007 oor ’n Bybelse korrespondensiekursus navraag gedoen het. Dit is hoe sy pad die eerste keer gekruis het met dié van pastoor Sam Selva Raj van Echo of His Call Biblecor Ministries en indirek ook met hul evangelisasievennoot, Bybel-Media (BM). Biblecor

Bybel-Media in Indië: Van ’n boekie tot ’n omvattende bediening Lees verder

Aktueel Artikels Bybel-Media
Dr Nico Simpson verwelkom gaste met die viering en toewyding van Bybel-Media se nuwe tuiste by Boekhuis op die kampus van die Andrew Murray Sentrum vir Spiritualiteit op Wellington. Foto: Le Roux Schoeman

Bybel-Media (én Kerkbode) vier nuwe tuiste

Maandagaand 22 November het Kerkbode en LiG saam met al die ander publikasies in die stal van die Christelike uitgewer Bybel-Media hulle intrek gevier in hulle nuwe tuiste by Boekhuis op die kampus van die Andrew Murray Sentrum vir Spiritualiteit op Wellington. Dié verhuising, so midde-in die pandemie, bring meer as net ’n einde aan

Bybel-Media (én Kerkbode) vier nuwe tuiste Lees verder

Bybel-Media Nuus

Bybelkor / Bybel-Media is 50!

Dr Johan van der Merwe, rektor van die Hugenote Kollege, het sy bes probeer en ’n sterk saak uitgemaak vir Bybelkorrespondensiekursusse aan dié kollege. Die Wes-Kaapse sinode moet asseblief R10 000 daarvoor bewillig. Maar nee, die sinode het vasgeskop. ’n Oud-moderator, die bekende dr AJ van der Merwe wat as ouderling van die Groote Kerk

Bybelkor / Bybel-Media is 50! Lees verder

Aktueel Bybel-Media Nuus
Die inhoud van die sogenaamde Bybelboekebokse is blitsvinnig deur die inwoners van Serenitas Aftreeoord in die Strand opgeraap. Op die foto van links na regs is Delene en Chris Blignaut, Annemarie Skibbe, Kotie en Attie Louw besig om vir hul boeke uit te soek. Foto: Verskaf

Fokus op Bybel-Media: Geloofsboeke kry huis by aftreeoorde

“Die boeke is opgeraap!” Só beskryf Marianna Simpson, inwoner by die Serenitas-Aftreeoord in die Strand in die Wes-Kaap, die reaksie van die inwoners toe Bybel-Media se Bybelboekeboks by Serenitas afgelewer is. Bybel-Media het te midde van die koronaviruspandemie, wat ’n groot gevaar vir ouer mense inhou, die Bybelboekeboks-projek vroeg in Oktober bekendgestel. Die projek beoog

Fokus op Bybel-Media: Geloofsboeke kry huis by aftreeoorde Lees verder

Artikels Bybel-Media
Evelyn van Wyk en haar evangelisasiespan Ambassadors of Christ Ministries, probeer elke Saterdag soveel as moontlik mense op die plase in die Wellington-omgewing met brood vir die liggaam en vir die siel bedien. Hiér help William Ross, werknemer by Bybel-Media, die evangeliesasiespan om boeke, wat deur BM geskenk is, aan die plaaswerkers op die Mofoshala-plaas net buite Wellington, uit te deel. Foto's: Verskaf

Bybel-Media skenk 400 boeke aan plase in Wellington

“Bybel-Media help ons om nie net brood vir die lyf te gee nie, maar ook vir die siel.” Só sê Evelyn van Wyk, lid van die evangelisasiespan Ambassadors of Christ Ministries (ACM), oor Bybel-Media (BM) se skenking van sowat 400 boeke op 13 Junie aan plaasgemeenskappe in die Wellington-omgewing. Van Wyk, wat die nood op

Bybel-Media skenk 400 boeke aan plase in Wellington Lees verder

Bybel-Media Nuus

Bybel-Media: HOOF- UITVOERENDE BEAMPTE

WELLINGTON Bybel-Media is ’n Christelike mediabediening sonder winsoogmerk wat materiaal vir geloofsontwikkeling en -ondersteuning verskaf en versprei. Die maatskappy fokus op drie gebiede: publikasies, bediening en ondersteuningsdienste. Bybel-Media is tans besig met die digitale transformasie van sy media-uitsette. Ons ontwikkel ’n geïntegreerde, veelkantige digitale platform. Die platform sal aan die behoeftes van ’n breë Christelike

Bybel-Media: HOOF- UITVOERENDE BEAMPTE Lees verder

Afgehandelde vakatures Bybel-Media

Kopiereg © Kerkbode 2025

Scroll to Top