Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Luister saam | Die storie agter Bybel-Media se nuwe storiekanaal, Ligland

As oud-onderwyseres stem Maryke Hansen met kenners saam dat jong kinders se skermtyd bestuur moet word, maar as ma van twee ervaar sy ook dat ‘n mate van skermtyd onvermydelik is – toe begin sy droom van ’n ‘veilige’ storiekanaal vir juis sulke tye wat haar kinders tog iets wil kyk. 

Maar om tyd te kry in haar besige lewe om dit te laat realiseer verg toe blykbaar ’n “geforseerde rustyd”.

Sy is die inhoudsvervaardiger van LiG en Bybel-Media se nuwe gratis Afrikaanse YouTube-kanaal, Ligland – Leef met lig, lag en liefde. Hulle eerste reeks van 12 animasie-Bybelverhale gerig op 0-3 jariges is pas bekendgestel. Sy vertel in hierdie podsending meer oor haar eie geloofstorie agter die skep van hierdie nuwe kinderstoriekanaal wat insluit ’n pynlike episode met ’n knie-operasie. Sy deel ook meer oor wat vir haar as oud-onderwyseres belangrik was in die skep van inhoud saam met ander kundiges soos predikante en onderwysers vir hierdie kanaal.

  • Kerkbode is ’n publikasie van Bybel-Media.
  • Storie aangepas na plasing.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top