Bestel nou die gedrukte Kerkbode vir 1 Maart 2024 tot 28 Februarie 2025
Geagte Kerkbode-leser,
Ons nooi jou en jou gemeente graag hiermee uit om in te teken op die gedrukte uitgawe van Kerkbode wat maandeliks in papierformaat as komplement tot al ons aanlynbedrywighede verskyn.
Dié lekkerlees-formaat is ’n samevatting van al die mees geleesde stories van mense en gemeentes, jongste kerknuus, nuwe vakatures, amptelike skuiwe, rubrieke, boekresensies en dinkstof. Jy het ook ten alle tye toegang tot ons webblad www.kerkbode.co.za en tot Kerkbode se gratis selfoontoepassing waar ons daagliks inhoud bywerk.
’n Intekening op Kerkbode maak ’n reuse-verskil aan die volhoubaarheid van hierdie publikasie, veral in hierdie era waar ons soveel van ons inhoud in die digitale omgewing gratis beskikbaar wil hou.
Jou jaarlikse subskripsie-fooi is ’n belegging in die tipe joernalistiek waarmee ons as redaksie en medewerker-span lidmate wil dien.
Hoe gemaak?
Jy kan op een van twee maklike maniere inteken:
Opsie 1 om in te teken:
Teken nou in vir 2024 deur hieronder in te tik hoeveel Kerkbodes jy wil bestel. Die aanlyn sakrekenaar bereken die bedrag wat dit per uitgawe sal kos. Let wel, weens uitdagings met die poskantoor hanteer ons slegs bestellings van 10 of meer Kerkbodes per intekenaar:
"(Vereiste veld)" indicates required fields
Opsie 2 om in te teken:
Laai die bestelvorm HIER af, vul dit digitaal in en stuur dit aan Viona Ross, Kerkbode se intekenaarbestuurder, by viona@tydskrifte.co.za.
Kontak ons:
Intekenaarbestuurder: Viona Ross
E-pos: viona@tydskrifte.co.za
WhatsApp: 073 300 8731
Tel: 021 864 8278
Ons is dankbaar vir jou ondersteuning
Redakteur: Le Roux Schoeman
E-pos: leroux@bmedia.co.za
- Lees HIER meer oor ander maniere waarop jy Kerkbode kan ondersteun.