Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2025

Reekse

REEKS 3: Twee invloede onderlê die stories wat deelnemers by vanjaar se Slypskool vir Skrywers (2024) ingedien het: “menslike biblioteke” en “bakengemeentes”.  Lees MEER.

REEKS 2: Gesprekke met moderators van die Algemene Sinode: 1962 tot op hede | Die Algemene Sinode (AS) van die NG Kerk het in Oktober 1962 vir die eerste keer vergader. Die aanloop na die eerste sitting van die AS het reeds in 1907 plaasgevind toe die Raad van Kerke in die lewe geroep is. Hierdie Raad het die sinodes van die NG Kerk in ’n federale verband saamgebind. Vanjaar, van 15-20 Oktober, sal die Algemene Sinode van die NG Kerk weer in sitting wees en Kerkbode het met die oorlewende voorsitters van die Algemene Sinode onderhoude gevoer wat in komende uitgawes hier gepubliseer sal word.


REEKS 1: Leraars praat oor pandemie se straf én geskenke

In die middel van die Covid-19-pandemie het Marileen Steyn onderhoude met meer as 40 predikante gaan voer. Sy wou hoor:
· Wat was jou belewenis van 2020?
· Hoe het jy ge-cope?
· Watter “geskenk” het Korona vir jou gegee?
· Wat het in jou teologie gebeur?

Steyn sê oor die projek: “Wat die resultaat bied, is iets soos ’n tydkapsule. Iets wat jare later ons kan help verstaan hoe die tyd gelyk het, wat mense se belewenis van die pandemie was. Dit is woordportrette van NG predikante in ’n spesifieke tyd: aan die einde van 2020. Miskien is dit belangrik om dit van die begin af duidelik te maak dat baie van die predikante reeds ses maande na ons onderhoude laat weet het dat hulle en hulle gemeentes op heel ander plekke is. Dit is juis die punt van ’n tydkapsule. Dit verteenwoordig ’n oomblik, nie ’n ewigheid nie.”

Hierdie navorsingsprojek is in samewerking met die Sinode van Wes-Kaapland gedoen.

Slypskool vir Skrywers 2024: Ses deelnemers onder die ouderdom van 40 het in Augustus aangemeld by die eMseni-terrein naby OR Tambo-lughawe vir drie dae van leer by mekaar en onder leiding van joernaliste en navorsers binne die kerk se kommunikasie-ekosisteem. Foto's: Le Roux Schoeman

Dominees pen mense-stories neer as ’n naby-kykie op ‘bakengemeentes’ by Slypskool vir Skrywers 2024

Twee konsepte het help vorm gee aan die stories wat deelnemers by vanjaar se Slypskool vir Skrywers ingedien het: “menslike biblioteke” en “bakengemeentes”, berig Le Roux Schoeman en Riata Nel. Lees alle deelnemerbydraes onderaan dié artikel.    Oor menslike biblioteke: Om toenemende vervreemding en polarisasie in die politiek, samelewing en ook geloofsgemeenskappe te bekamp, is […]

Dominees pen mense-stories neer as ’n naby-kykie op ‘bakengemeentes’ by Slypskool vir Skrywers 2024 Lees verder

Reekse
Die eenheid in die Algemene Sinode behoort tot die wese van die kerk. Die uitdaging is om in ’n wêreld waar sosiale media, postmoderne strominge en kompleksiteit mense uitmekaar dryf, te leef uit die oortuiging dat ons ingebind is in een kerkverband, skryf prof Nelus Niemandt (links). Foto: Argief

Reeks: Gesprekke met moderators van die Algemene Sinode: 1962 tot op hede | Nelus Niemandt (2011 tot 2015)

Nelus Niemandt kyk terug: My rol as moderator het my lewe diep geraak en verander   Die Algemene Sinode (AS) van die NG Kerk het in Oktober 1962 vir die eerste keer vergader. Die aanloop na die eerste sitting van die AS het reeds in 1907 plaasgevind toe die Raad van Kerke in die lewe

Reeks: Gesprekke met moderators van die Algemene Sinode: 1962 tot op hede | Nelus Niemandt (2011 tot 2015) Lees verder

Artikels Reeks 2: Gesprekke met Moderators
Die eenheid van die kerk is veel belangriker as wat die meeste Christene verstaan. Dit sluit in eenheid met die VGK, maar meer as dit. Dit beteken ook nouer bande met ander kerke – ook die sogenaamde AIC’s (African Indigenous Churches), skryf dr Coenie Burger.

Reeks: Gesprekke met moderators van die Algemene Sinode: 1962 tot op hede | Coenie Burger (2002 tot 2007)

NG Kerk verbind haar tot ‘nuwe Suid-Afrika’ en herbou ekumeniese verhoudings – Coenie Burger oor sy termyn as moderator van die Algemene Sinode   Die Algemene Sinode (AS) van die NG Kerk het in Oktober 1962 vir die eerste keer vergader. Die aanloop na die eerste sitting van die AS het reeds in 1907 plaasgevind

Reeks: Gesprekke met moderators van die Algemene Sinode: 1962 tot op hede | Coenie Burger (2002 tot 2007) Lees verder

Artikels Reeks 2: Gesprekke met Moderators
"Ek moes in 2007 oorvat (as moderator van die Algemene Sinode) in ’n woelige tyd," skryf prof Piet Strauss in die bydrae hieronder. "Die kwessie van Belhar as ’n bykomende belydenis vir die familie van NG Kerke was in die brandpunt, die eenheidsproses in hierdie familie was stram, die Algemene Sinode het opnuut gespook met ’n standpunt oor homoseksualiteit, die ANC onder Zuma het die NG Kerk beskou as ’n belangrike woordvoerder van die Afrikaner en ons moes praat, nuwe standpunte en nuwe maniere van doen het onrus in gemeentes veroorsaak en lidmate en groepe lidmate was bekommerd dat die NG Kerk die spoor byster raak." Foto: Le Roux Schoeman

Reeks: Gesprekke met moderators van die Algemene Sinode: 1962 tot op hede | Piet Strauss (2007-2011)

Eenheid van NG Kerk lê nie in ’n saamstem oor alles nie, maar wel oor kernsake – Piet Strauss Hierdie rubriek vorm deel van ‘n reeks. Die Algemene Sinode (AS) van die NG Kerk het in Oktober 1962 vir die eerste keer vergader. Die aanloop na die eerste sitting van die AS het reeds in

Reeks: Gesprekke met moderators van die Algemene Sinode: 1962 tot op hede | Piet Strauss (2007-2011) Lees verder

Artikels Reeks 2: Gesprekke met Moderators
Enel Lambrecht praat oor die waarde van terugkeer. Foto ter illustrasie (Unsplash).

‘Om outentiek te wees’

Marileen Steyn in gesprek met Enel Lambrechts As jy by die venster uitkyk, kan jy dalk Knysna se bekende Koppe sien. Maar dis nie dít wat vandag my aandag vra nie. Daar is twee eienskappe van Enel wat my tref: hoe sy tegelyk sag en sterk vertoon, en hoe haar huisgesin haar menswees aanvul. Sy

‘Om outentiek te wees’ Lees verder

Aktueel Reeks 1: Predikante in 'n pandemie Reekse
René Potgieter praat oor die waarde van ondersteuning. Foto ter illustrasie (Unsplash).

‘God is die Een wat langs sy mense loop’

Marileen Steyn in gesprek met René Potgieter Ons sit rustig in die gemeente se gebedskamer – en ek hou daarvan. Dit pas boonop by die bietjie wat ek al van René beleef het. Ek het haar om ’n baie spesifieke rede vir ’n onderhoud genader: Ek het vermoed dat sy as ’n ouer ’n bepaalde

‘God is die Een wat langs sy mense loop’ Lees verder

Reeks 1: Predikante in 'n pandemie Reekse
Marizanne Pfeil-Wessels herinner dat ons eintlik reeds genoeg het.

Om nie na méér te streef nie …

Marileen Steyn in gesprek met Marizanne Pfeil-Wessels   Marizanne is pas nadat sy afgestudeer het na die NG gemeente Helderberg beroep, en is daar bevestig met die opdrag om die Hoop Geloofsgemeenskap in Somerset-Wes te bedien. Skaars drie maande nadat sy begin het, word sy met Covid-19 en al die gepaardgaande uitdagings gekonfronteer. Oorweldig Marizanne-die-introvert

Om nie na méér te streef nie … Lees verder

Reeks 1: Predikante in 'n pandemie Reekse
Alex Clark praat oor teenwoordigheid. Foto: Verskaf

‘As dit net oor mý gaan, wat is die punt?’

Marileen Steyn in gesprek met Alex Clark.   Tussen Ceres en Citrusdal loop ’n pad die Koue Bokkeveld in. Langs daardie pad, in die skadu van Skurweberg, is ’n klein dorpie genaamd Op-die-Berg. Maar moenie dat die grootte, of gebrek daaraan, jou om die bos lei nie. Dié dorpie is geleë in ’n wêreld van

‘As dit net oor mý gaan, wat is die punt?’ Lees verder

Reeks 1: Predikante in 'n pandemie Reekse
Johann Winterbach praat oor rondtas. Hy onderskei tussen twee soorte: rondtas omdat jy weet, teenoor rondtas omdat jy wanhopig is. Foto ter illustrasie

‘God speel wegkruipertjie’

Marileen Steyn in gesprek met Johann Winterbach.    Op ’n grys dag in George is Johann se gunstelingkoffiewinkel ’n welkome tuiste. Die kafee is vol kuns, dis kleurvol en daar is regte “kafee-musiek” in die agtergrond. Johann is ’n gemoedelike mens. Hy gesels maklik en lekker – en ek glimlag heimlik vir die manier waarop

‘God speel wegkruipertjie’ Lees verder

Aktueel Reeks 1: Predikante in 'n pandemie Reekse
Piet en Sarizé Retief praat oor dissipelskap. Foto: Verskaf

‘As jy by die Vaderhuis begin, kan jy enigiets doen’

Marileen Steyn in gesprek met Piet en Sarizé Retief.    Vra my nie waarom ek, telkens as ek oor ’n brug ry, eers probeer kyk of ek water sien nie. Miskien is dit soos hoop werk. Of miskien is dit ’n soort bevestiging van wat ek oor Garies en omgewing gehoor het. “Ek ry oor

‘As jy by die Vaderhuis begin, kan jy enigiets doen’ Lees verder

Reeks 1: Predikante in 'n pandemie Reekse
“Hierdie is nie ‘die nuwe normaal’ nie,” sê Helené Fouché. “Dis net ‘die normaal’."

‘Ek het ’n begeerte aan kontak’

Marileen Steyn in gesprek met Helené Fouché.   Wanneer ek deur Brackenfell ry en in die naasliggende Kuilsrivier beland, kom ek dadelik ’n verskil agter – alhoewel my taal opraak as ek dié verskil moet verduidelik. Helené gee my die taal. Sy verduidelik dat Kuilsrivier een van die mees geïntegreerde gemeenskappe in die land is.

‘Ek het ’n begeerte aan kontak’ Lees verder

Reeks 1: Predikante in 'n pandemie Reekse
Elzanne van der Westhuizen praat oor kontak. Foto ter illustrasie.

Om voortdurend tussen sleg en slegter te moes kies

  Marileen Steyn in gesprek met Elzanne van der Westhuizen.   Ek sal nooit weer aan Elzanne kan dink sonder om te onthou hoe sy met haar volgroeide borderkollie in haar arms na my toe aangestap kom nadat die hond ontsnap het nie. Dis hoe sy my groet toe ek by haar huis in Stellenbosch

Om voortdurend tussen sleg en slegter te moes kies Lees verder

Reeks 1: Predikante in 'n pandemie Reekse
Clifford James praat oor perspektief.

‘Cope julle?’

Marileen Steyn in gesprek met Clifford James.   Eers sien jy die windturbines. Dan word jy daarvan bewus dat die lang, reguit pad tussen die Weskus en Malmesbury geleidelik in ’n vallei afsak. Hier waar die mis in die winter dig toesak, lê die dorpie Hopefield. Van ver af sien jy die kerktoring. Dit lyk of

‘Cope julle?’ Lees verder

Reeks 1: Predikante in 'n pandemie Reekse
Simon Theron*  praat oof fokus. Foto ter illustrasie.

‘Ek weet nie meer wat om vir die Here te sê nie’

Marileen Steyn in gesprek met Simon Theron*.    Ek ry in die Groot-Karoo. Om my lê die landskap uitgestrek. En swart – die uitmergelende droogte se greep is alte sigbaar. Die pad voor my lei my wel reguit in ’n reënbui in. Die weerpatrone is wispelturig. In Juniemaand het dit plek-plek goed gereën. Maar van

‘Ek weet nie meer wat om vir die Here te sê nie’ Lees verder

Reeks 1: Predikante in 'n pandemie Reekse
“Ons moet persepsies en vooroordele afbreek,” sê Andri Eloff. “Daar is veralgemenings en stereotipering wat verhoudings tussen mense en groepe beduiwel.” Foto: Verskaf

‘Ons almal is op die een of ander manier gestrem’

Marileen Steyn in gesprek met Andri Eloff.   Ek het Andri maar enkele weke voor ons gesprek ontmoet. Ons was saam by ’n kursus en hy het tydens die ysbreker homself as “kreatief” beskryf. Toe ek later in sy kantoor sit, het ek weer aan die kreatiwiteit gedink. Sy kantoor getuig hiervan: die blou en

‘Ons almal is op die een of ander manier gestrem’ Lees verder

Reeks 1: Predikante in 'n pandemie Reekse
Wynand Breytenbach praat oor samewerking. Foto: Verskaf

‘Daar is mense met wie ek nou nooit weer nié sal saamwerk nie’

Marileen Steyn in gesprek met Wynand Breytenbach.    Hy ontmoet my by die Andrew Murray Sentrum vir Spiritualiteit in Wellington waar hy besig is met sy boeke. Nog voordat ons behoorlik sit, vra Wynand om verskoning vir sy gebrek aan energie. Ek glimlag. Dis dan juis hoe ek Wynand ken: Hy is vol energie, vol

‘Daar is mense met wie ek nou nooit weer nié sal saamwerk nie’ Lees verder

Reeks 1: Predikante in 'n pandemie Reekse
Franco Joubert* praat oor verbintenis. Foto ter illustrasie

Om tussen twee wêrelde te beweeg

Marileen Steyn in gesprek met Franco Joubert*   Dis een van daardie dorpies waar almal behalwe die beeste jou groet. Die son sit net op die regte plek om aan elke stukkie groen gras, bos en boom reg te laat geskied terwyl jy die verte inkyk. Dis ’n byna-idilliese toneel. Byna, ja. Want aan die

Om tussen twee wêrelde te beweeg Lees verder

Reeks 1: Predikante in 'n pandemie Reekse
Bernard Nienaber het die stilte meer waardeer. Foto: Pexels
Bernard Nienaber het die stilte meer waardeer. Foto: Pexels

‘Om minder besig te wees, en net soveel of selfs meer te bereik’

Marileen Steyn in gesprek met Bernard Nienaber* Ek ry na die gemeente om met Bernard te gaan gesels, en dit voel asof ek op ’n soort naat beweeg: Links is die oop veld, en regs ’n inkopiesentrum. Die hele omgewing adem iets van tussen grense wees, maar ek kan nie my vinger daarop lê nie.

‘Om minder besig te wees, en net soveel of selfs meer te bereik’ Lees verder

Aktueel Reeks 1: Predikante in 'n pandemie Reekse
Janlu Kuyler praat oor die waarde van ons stemme. Foto: verskaf
Janlu Kuyler praat oor die waarde van ons stemme. Foto: verskaf

‘Die kerk moet haar stem terugkry’

Marileen Steyn in gesprek met Janlu Kuyler Robertson is bekend vir vrugte – en vir wyn. Hoe gepas is dit dan dat Janlu, die predikant by Robertson Moedergemeente, se huis in ’n wynplaasstyl gebou is! Dis ’n groot, wit huis met ’n prieel wat die paadjie na die voordeur omsoom. Die studeerkamer is die ene

‘Die kerk moet haar stem terugkry’ Lees verder

Reeks 1: Predikante in 'n pandemie Reekse
Andries Potgieter is saam met God op reis. Foto: Unsplash
Andries Potgieter is saam met God op reis. Foto: Unsplash

‘Ek weier eenvoudig om negatief te word’

Marileen Steyn in gesprek met Andries Potgieter Oudtshoorn-Welgeluk se pastorie is heerlik koel in die Klein-Karoo se hitte. Ek en Andries gesels oor die warboel emosies wat hy die afgelope jaar beleef het. “Ek is nou al twintig jaar in die bediening,” sê hy, “maar 2020 was lag-lag die moeilikste jaar nóg.” Die probleem was

‘Ek weier eenvoudig om negatief te word’ Lees verder

Reeks 1: Predikante in 'n pandemie Reekse
Talitha Conradie sien die pandemie as avontuur. Foto: verskaf
Talitha Conradie sien die pandemie as avontuur. Foto: verskaf

‘Die kanse is goed dat God ’n ander plan vir jou het’

Marileen Steyn in gesprek met Talitha Conradie Talitha het die laaste jaar van haar internskap* by die NG gemeente Goodwood met ’n behoorlike “wedstrydplan” betree. “En toe flop dit!” Nuut In plaas daarvan dat die jaar volgens dié plan verloop het, het dit ’n jaar geword waarin haar oë oopgemaak is. Dit was ’n jaar

‘Die kanse is goed dat God ’n ander plan vir jou het’ Lees verder

Reeks 1: Predikante in 'n pandemie Reekse
Francois du Plooy onthou dat God hom vashou. Fokus: Unsplash
Francois du Plooy onthou dat God hom vashou. Fokus: Unsplash

‘God is in die skuit, al voel dit asof ons vergaan’

Marileen Steyn in gesprek met Francois du Plooy Tussen die Swartberg en die Kammanassie lê die kunstenaarsdorpie De Rust. Hier woon die volstruisboere en die groenteboere langs die dorp se skilders en beeldhouers. Francois laat dit soos ’n paradys klink: misdaadvry, ’n kwaliteitlewe, met ouer mense wat eers in hul vakansiehuise kom uitspan en uiteindelik

‘God is in die skuit, al voel dit asof ons vergaan’ Lees verder

Reeks 1: Predikante in 'n pandemie Reekse
Scroll to Top