Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2025

Rubrieke

Eers was die vraag vir joernaliste “hoeveel mense kliek hoeveel keer op ’n storie?” Nou lyk dit asof impak toenemend gemeet word deur te vra, "hoe handhaaf jy uiteenlopende kontakpunte met lesers en hoe sluit jy betekenisvol aan by gesprekke wat reeds binne gemeenskappe gevoer word?" Le Roux Schoeman is redakteur van Kerkbode. Foto: Argief

Mediarubriek: Is daar nog iets soos ’n getroue leser in ’n see van inhoud wat op sosiale media onderdeur ons duime rol?

Die afgelope drie maande het sowat 21 000 mense gemiddeld 55 000 keer per maand op Kerkbode se aanlyn inhoud gekliek, volgens Google Analytics. ’n Berig oor Wêreldbiddag vir Vroue gevolg deur berigte en briewe oor die GKSA se besluit dat vroue nie as ouderlinge mag dien nie, was die mees gelese stories. Maar heel […]

Mediarubriek: Is daar nog iets soos ’n getroue leser in ’n see van inhoud wat op sosiale media onderdeur ons duime rol? Lees verder

Redakteursbrief

Tussenin | Zander van der Westhuizen: Toe begin die Camino my vang …

Erns Grundling het op sy televisieprogram gesê daar is perde op Las Herrerías voor die klim tot bo by O Cebreiro, maar toe ek die dag daar kom, is daar geen perd in sig nie. Dit was nog pikdonker in die herberg dié oggend toe ek agterkom my gunsteling-donkerbril is weg. Ek wou nie die

Tussenin | Zander van der Westhuizen: Toe begin die Camino my vang … Lees verder

Tussenin
Die kerk behoort “die sataniese leerstelling” (Karl Barth se woorde) dat oorlog onvermydelik is teen te staan.

Nadia Marais | Oorlog en gerugte van oorlog: Geseënd is die vredemakers

Oraloor word ons gekonfronteer met oorlog en gerugte van oorlog. Volgens die Kopenhagen Vredesverslag (2025) woed daar wêreldwyd meer as 50 gewapende konflikte, waarvan 11 volskaalse oorloë is. Volgens hierdie verslag is dit die grootste hoeveelheid gewapende konflikte sedert die Tweede Wêreldoorlog. Die Switserse teoloog Karl Barth sou in 1951, in sy Kerklike Dogmatiek III/4

Nadia Marais | Oorlog en gerugte van oorlog: Geseënd is die vredemakers Lees verder

Gedagtes oor kerkwees

Van die kantlyn | Oor wat wag vir die eerste sonstrale op Paassondag my geleer het

Wat is so belangrik aan Paasfees? Iemand vra my nou die dag hierdie vraag en ek stop myself om die Sondagskoolantwoorde te gee. Dit is ’n goeie vraag om by stil te staan, want ek onthou as kind my eie gemengde gevoelens oor Paasnaweek. Nie oor ek die gebeure betwyfel het nie, maar omdat ek

Van die kantlyn | Oor wat wag vir die eerste sonstrale op Paassondag my geleer het Lees verder

Rubrieke

Tussenin | Zander van der Westhuizen: Om nee te sê vir lui wysheid en Christen-clichés

Daar is ’n paar dinge wat my behoorlik laat sug wanneer dit by WhatsApp-boodskappe kom: lang, onnodige stemboodskappe wat maklik eerder ’n getikte sin kon gewees het. Mense wat my mening vra oor ’n 500-bladsye-boek van ’n onbekende “Christelike denker” – sommer in PDF aangeheg – of ’n 75-minute video oor die eindtyd wat ek

Tussenin | Zander van der Westhuizen: Om nee te sê vir lui wysheid en Christen-clichés Lees verder

Tussenin

Jan Lubbe | Uit my Kerkdagboek: Veertig jaar ná die oop kerkdeur

In die tweede Lydensweek van 2026 – en vanjaar s’n ís swaar: nóg ’n oorlog in die Ou Bybellande; die wit, vuurrooi, swart en vaalgrys perde verwoestend op galop; prof Louise Cilliers wat daardie ou Griekse wêreld en die metafore só goed geken het, sterf; prof Pieter Coertzen wat ons kerk “Gepas en ordelik” help

Jan Lubbe | Uit my Kerkdagboek: Veertig jaar ná die oop kerkdeur Lees verder

Rubrieke
In Lydenstyd bely ons dat dit die hulpelose God – Christus aan die kruis – is wat ons help.

Nadia Marais: Die geskenk van hulpeloosheid

Ons leef in ’n tyd waarin ons baie maklik oorweldig, magteloos, hulpeloos sou kon voel. Verskeie oorloë woed die wêreld oor, ’n dreigende kernoorlog is weer ’n akute werklikheid, ons probeer sin maak van die potensieel ingrypende implikasies van kunsmatige intelligensie, ons word daagliks gekonfronteer met geweld teen vroue en kinders.   Waar sal ons

Nadia Marais: Die geskenk van hulpeloosheid Lees verder

Gedagtes oor kerkwees
Voordat ons vra: “Wat moet ons gemeente leer?” moet ons eers vra: “Watter geloof leef reeds in ons mense?” skryf Nico Simpson in die rubriek hieronder.

Leier, jy lees jou gemeente verkeerd! | Waarom jou gemeente nie reageer soos jy dink hulle sal nie

Die afgelope paar jaar het byna 900 NG lidmate Bybel-Media se GeloofStyl-vraelys voltooi. Hulle response gee ons ’n helder prentjie van wie in ons gemeentes is. Nico Simpson bespreek die ses sterkste Geloofstyl-fasette wat wys hoe lidmate sin maak van hulle geloofslewe.   Wanneer ’n mens die dominante fasette onder lidmate van die Nederduitse Gereformeerde

Leier, jy lees jou gemeente verkeerd! | Waarom jou gemeente nie reageer soos jy dink hulle sal nie Lees verder

Rubrieke
In die kerk is ons (gewoonlik) goed met die verstaan van die Here se hart en wil. Ek wonder hoe goed ons nog is om die tekens van die tyd te lees, skryf Zander van der Westhuizen in sy jongste Kerkbode-rubriek.

Tussenin | Zander van der Westhuizen: Oor die profesie van pizzaverkope

Tussenin die vleis wat op die kole braai, die warm somersdag se in-en-uit die swembad spring en kaart speel met die kinders, vang my oor halfpad ’n gesprek oor pizza. Geïnteresseerd in dié halwe snytjie inligting gaan lees ek verder daaroor op.   Sedert die Koue oorlog het intelligensie-agentskappe begin glo in die “Pizza-indeks” in

Tussenin | Zander van der Westhuizen: Oor die profesie van pizzaverkope Lees verder

Tussenin

Jan Lubbe | Uit my kerkdagboek: Het ons geskiedenis ons iets te leer oor moed?

Berg-en-Dal, ons gemeente hier in die ou Tempevallei aan die noordekant van Bloemfontein, voltooi vanjaar haar sewentigste rondte om die son. Gestig op ’n Saterdagaand in September 1956, die 22ste, juis toe die dag-en-nag-ewening gebeur het. In hierdie eerste helfte van ons gedenkjaar word die verhale uit die ou tyd dus opgediep, soos oor ons

Jan Lubbe | Uit my kerkdagboek: Het ons geskiedenis ons iets te leer oor moed? Lees verder

Op die kerkstoep

Tussenin | Zander van der Westhuizen: Gelykenis van die prater en die grassnyer

Sy het grootgeword in ’n gemeente iewers ver van die stad af. Dit was ’n ander era. Sondae het hulle die liedere se nommers in ’n houtbord, links en regs van die hoë kansel, ingeskuif. Die koster moes vroeg opstaan om die swart en wit letters mooi uit te pak op die konsistorie se tafel.

Tussenin | Zander van der Westhuizen: Gelykenis van die prater en die grassnyer Lees verder

Rubrieke Tussenin

Tussenin | Zander van der Westhuizen: Ons móét kan speel en verbeel

Tussenin die e-posse, WhatsApps en oproepe ontsnap ek vir ’n oomblik in my eie gedagtes. Ek onthou hoe ek as kind vir ure op die enkeltou-plankie sou swaai wat met ’n stewige knoop aan die groot bloekomboom voor ons huis vas was. Die momentum van die swaai, die aanhoudende skop teen die stam en die

Tussenin | Zander van der Westhuizen: Ons móét kan speel en verbeel Lees verder

Rubrieke Tussenin
Dié data help ons om beter te verstaan watter Google-soektogte Kerkbode se webwerf die afgelope maand byna 14 000 klieks besorg het. Opmerkings of vrae oor webdata en storietendense is welkom. Stuur dit na leroux@bmedia.co.za

Werksoekers bring weer klieks by die hordes na Kerkbode + eCKE nou gratis beskikbaar

Plasings oor werk- en loopbaangeleenthede het weereens in die eerste maand van die jaar die grootste aantal webgebruikers na Kerkbode.co.za gebring, volgens Google se soektogdata* vir Januarie.   In hierdie gereelde maandeind-mediarubriek kyk Le Roux Schoeman terug en vra: Waar het die klieks vandaan gekom en watter tendense sien ons by Kerkbode.co.za? Data: Vier goed

Werksoekers bring weer klieks by die hordes na Kerkbode + eCKE nou gratis beskikbaar Lees verder

Redakteursbrief

Tussenin | Zander van der Westhuizen: Toe vra hy, May I pray for you?

Oom Sidney lê in ‘n klein saal van die harthospitaal in Sunnyside. Hy is gekoppel aan ‘n klomp masjiene en die kussing onder sy kop lyk vir my ongemaklik. Hy was ’n diep, Engelse, opregte gelowige. Daai tipiese Anglikaanse of Metodiste Christen wat alleenlik liefde met alles wat hulle doen uitstraal. LEES OOK: Tussenin: Zander

Tussenin | Zander van der Westhuizen: Toe vra hy, May I pray for you? Lees verder

Rubrieke Tussenin

Mediarubriek | Kerknuus en comments: Gekruisde lyne, ‘church hurt’ en negatiewe plesier

Wat is die béste uitkoms vir die leser van comments onderaan berigte oor veral Afrikaanse kerke met apartheidbagasie? Gestel vir ’n oomblik daar is ses winspunte daarin? Die verskeidenheid van stemme help my om die subjektiwiteit van my eie oortuigings raak te sien. Dit stel my gerus dat ander mense ook noukeurig deur die teks

Mediarubriek | Kerknuus en comments: Gekruisde lyne, ‘church hurt’ en negatiewe plesier Lees verder

Rubrieke

Jan Lubbe | Geskiedenis as spieël: Wat 2026 van ons vra

Waar 2026 tans baie onvoorspelbaar voor ons uitstrek, weet ons wél van ’n paar momente waaraan ons vanjaar as kerke behoort te dink, en wysheid te soek in wat gebeur het (en wat nie, toe dit moes), skryf Jan Lubbe in die jongste aflewering van sy Uit my kerkdagboek-rubriek.    Toe ons die eerste Saterdagoggend

Jan Lubbe | Geskiedenis as spieël: Wat 2026 van ons vra Lees verder

Op die kerkstoep
Dr Marileen Steyn werk as teoloog by die Protestantse Theologische Universiteit in Nederland.

Marileen Steyn: Kerkherinneringe van nét ’n vrou

My kinderdae se kerkherinneringe is van my helderste herinneringe. Hoe ek op my ma se skoot lê en wonder waarom die dominee op my ouers skree. Hoe ek my verbeel het dat die kerk op sy kop gekeer word en hoe ek oor elke dakbalk moet klim om by die deur uit te kom. Hoe

Marileen Steyn: Kerkherinneringe van nét ’n vrou Lees verder

Rubrieke

Tussenin: Zander van der Westhuizen oor ‘Let them’ en ‘Let me’

Die pad kruin gereeld voor my. Die vaste lyn is duidelik en dit is weens verskeie redes nie ’n goeie plek om verby te steek nie. Die dubbelwatrok maak stadig sy verskyning op die horison van die warm Karoo. Die pad is in albei rigtings besig. Almal wil by die see uitkom of hulle vrag

Tussenin: Zander van der Westhuizen oor ‘Let them’ en ‘Let me’ Lees verder

Rubrieke Tussenin

Lesersbydrae: Hoe jou geloofsidentiteit gevorm en uitgedaag word

In hierdie besinnende oorsig ondersoek Kerkbode-leser Philip Coetzee die begrip identiteit binne ’n Christelike geloofsraamwerk en plaas dit in gesprek met hedendaagse denkstrominge soos postmodernisme, humanisme en liberale teologie. Die fokus val op hoe hierdie strominge geloofsidentiteit kan beïnvloed, versterk of ondermyn. Sonder polemiek poog die artikel om ’n bydrae te lewer tot die breër

Lesersbydrae: Hoe jou geloofsidentiteit gevorm en uitgedaag word Lees verder

Rubrieke

Jan Lubbe | Uit my Kerkdagboek: ’n Kersgebed vir stilte en vrede

Tagtig jaar, twee maande, negentien dae en drie ure later, klim ons uit die trem, digby die brug. Op een foto staan daar ook so ’n trem. Uitgebrand, in ’n gans verwoeste landskap vol puin en swart boomstamme wat soos verskroeide vingers stom hemelwaarts wys. Op ’n ander foto, ’n horlosie waarvan die wysers vir

Jan Lubbe | Uit my Kerkdagboek: ’n Kersgebed vir stilte en vrede Lees verder

Rubrieke
Karl Barth sou – volgens die Amerikaanse teoloog Steven Guthrie – na die einde van sy lewe daaroor skryf dat ’n teoloog se werk bepaal behoort te word deur die logika van verwondering (eerder as ’n verwondering oor die logika).

Nadia Marais: Die geskenk van verwonderd wees

In ’n reeks gesprekke tussen die sanger Nick Cave en die joernalis Sean O’Hare – gepubliseer met die titel Faith, hope, and carnage (2022) – praat Cave openlik oor die dood van sy seuns Arthur en Jethro, sy dwelmverslawings en donker tye in sy lewe, sy familielewe en huwelike, en hoe dit wat hy glo,

Nadia Marais: Die geskenk van verwonderd wees Lees verder

Nadia Marais
Scroll to Top