Dié advertensie verteenwoordig die standpunte van die adverteerder en nie noodwendig dié van Kerkbode nie.
Vakature: Leraar vastetermynpos van drie jaar
Emeriti (onder 70 jaar) sal voorkeur geniet
Sluitingsdatum vir aansoeke: Maandag 14 September 2026.
Diensaanvaarding: Maandag 1 Februarie 2027.
Die kerkraad van die NG Gemeente Waterbron stel graag die bogenoemde pos bekend.
Ligging en gemeenteprofiel:
Die gemeente is ongeveer 12 km buite Bloemfontein geleë en vier vanjaar sy 92ste bestaansjaar. Die bediening word tans gedeeltelik deur ’n tentmaker-diensleraar bedien. Die gemeente bestaan uit 201 belydende lidmate en 68 dooplidmate en is in 12 wyke verdeel, waarvan vier plaaswyke is en die res uit hoewes bestaan.
Eredienste word slegs op Sondagoggende gehou, aangesien die veiligheid van lidmate en die leraar vir die gemeente ’n hoë prioriteit is. Omdat die meeste lidmate bedags in Bloemfontein werksaam is, vind gemeentelike aktiwiteite hoofsaaklik op Sondae plaas.
Binne die gemeentegrense is daar ook ’n jeugsorgsentrum wat onder die toesig van ENGO funksioneer, wat verdere geleenthede vir betrokkenheid en diensbaarheid in die gemeenskap bied.
Die gemeente se geloofsverklaring lui soos volg:
- Ons glo, in aansluiting by Artikel 1 van die Kerkorde, dat die Bybel die heilige en onfeilbare Woord van God is.
- Ons bely ons geloof in die drie-enige God in ooreenstemming met die Woord van God, soos verwoord in die drie ekumeniese belydenisse – die Apostoliese Geloofsbelydenis, die Geloofsbelydenis van Nicea en die Geloofsbelydenis van Athanasius – asook in die Drie Formuliere van Eenheid.
- Ons is oortuig dat die gereformeerde leer besondere uitdrukking vind in die vyf solas van die Reformasie, wat rigtinggewend is vir die Evangelieverkondiging in die gemeente: Skrif alleen, Christus alleen, genade alleen, geloof alleen en aan God alleen die eer.
- Ons glo dat die huwelik deur God ingestel is as ’n lewenslange verbond tussen een man en een vrou, waarin liefde, trou en wedersydse toewyding die verhouding tussen Christus en sy gemeente weerspieël.
Leraarsprofiel:
Die gemeente is op soek na ’n leraar wat:
- Toegewyd aan die Here leef en getrou is aan sy/haar legitimasie-eed;
- Hom/haar met die geloofsverklaring en geloofsgrondslag van die gemeente vereenselwig;
- Skrifgetrou, entoesiasties en toepaslik die Woord verkondig;
- ’n Pastorale ingesteldheid en opregte belangstelling in mense openbaar;
- Diensbaar, toeganklik en entoesiasties by die gemeente en gemeenskap betrokke is; en goeie interpersoonlike verhoudings kan bou en handhaaf.
Pligte:
- Diensbaar in die gemeente deur onder meer groepsbesoeke in wyke, besoeke aan nuwe intrekkers en siekes asook pastorale begeleiding van persone met besondere pastorale behoeftes.
- Entoesiastiese en Skrifgetroue prediking en eredienste.
- Nakoming van alle ander ampspligte, soos omskryf in Artikel 9 van die Kerkorde en soos met kerkraad ooreengekom.
- Twee preekbeurte per maand gedurende ’n vierweekmaand en drie preekbeurte per maand gedurende ’n vyfweekmaand.
- Een afnaweek per kwartaal, met amptelike en siekverlof volgens toepaslike kerkordelike riglyne.
Vergoeding: Die volle pakket voor aftrekkings is R360 000 per jaar. Geen behuising of behuisingsvoordele word gebied nie.
Aansoeke:
- Alle belangstellende en geroepe aansoekers word versoek om ’n volledige aansoek, bestaande uit die volgende, in te dien:
- Volledige CV.
- Die kontakbesonderhede van twee (2) referente, met vermelding van hulle professionele of persoonlike verhouding tot die aansoeker.
- Bevestiging van beskikbaarheid vir ’n onderhoud en preekbeurt gedurende Oktober- en Novembermaand, 2026.
- ’n Kort geskrewe motivering waarin die aansoeker uiteensit waarom hy/sy geroepe voel om vir hierdie bedieningspos aansoek te doen.
Rig aansoeke aan:
Die Voorsitter: NG Gemeente Waterbron. E-posadres: ngwaterbronkerk@vodamail.co.za
Landlyn: 051 445 2345 (Ma, Do en Vr 08:00-13:00).
Navrae:
Voorsitter van die kerkraad – Junior Verwey 083 634 0005.
Saakgelastigde – Hermuné Olckers 074 468 7043.
Die kerkraad behou die reg voor om geen aanstelling uit die aansoeke wat ontvang
word, te maak nie.
