Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Dana Snyman

Esmari het onlangs twee huise van my af ingetrek. Terug van Israel af. Aan die begin was sy baie skugter. Het min buite gekom. So erg dat ek later vir Rudi gesê het ons moet by haar gaan klop en seker maak sy leef nog, vertel Dana Snyman in sy jongste rubriek.

Dana Snyman | Vrou se Israelbesoek: Ure se gebed te midde van jare se stryd

Op 7 Oktober voorverlede jaar toe soveel mense uit Israel gevlug het, was sy een van die min mense wat op ’n vliegtuig geklim en soontoe gevlieg het. “Ek het oor die TV gesien hoe die Hamasvegters uit die Gasastrook Israel aangeval het. Al die mense wat dood is. Vrouens verkrag. Gruwelik.” Esmari Glinister kyk

Dana Snyman | Vrou se Israelbesoek: Ure se gebed te midde van jare se stryd Lees verder

Dana Snyman Gewild
My oorlede oupa en ouma het op Hibberdine aan die KwaZulu-Natalse Suidkus gewoon en vakansies wanneer ons by hulle gekuier het, het ons byna altyd eers by die kerk op Pietermaritzburg stilgehou en na oeroupa Coenraad se broek gaan kyk. Foto: Dana Snyman

Dana Snyman: Oor bloedlyne en Bloedrivier

Elke jaar op 16 Desember het ons Geloftefees gedenk. Oorlede Pa het dikwels die Geloftediens gelei. Of moet dit dalk lei met ’n lang y wees? Gely. Want Pa het op sulke dae dikwels gepreek oor die lyding van die Afrikanervolk. Hoe die Afrikanermense deur die Engelse owerhede van destyds geminag is, hoe daar een

Dana Snyman: Oor bloedlyne en Bloedrivier Lees verder

Dana Snyman
Hier op die koppie staan ’n monumentjie ter ere van die oud-stryders wat in die Anglo-Boereoorlog gesneuwel het, maar van die koperplate is losgebreek en waarskynlik vir afvalyster iewers verkoop. Grafiti oral. Woedende woorde in ’n woedende taal wat ons nie verstaan nie. Tussen die rotse lê ’n man en slaap, ’n leë bottel langs hom op die grond. Haweloos. Doer stap ’n ou met ’n kappiebaadjie verby, stadig, het hy dalk ’n mes in sy sak? Foto: Dana Snyman

Dana Snyman | Gedagtes by Cottesloe: Kerk moet nooit museum word nie

Ek herinner my aan die skrywer WA de Klerk se woorde: “For years to come the Afrikaans churches would have to grapple with the issues that Cottesloe put on the table.”

Dana Snyman | Gedagtes by Cottesloe: Kerk moet nooit museum word nie Lees verder

Dana Snyman

Dana Snyman: ’n Please-call-me van ’n vriend by ’n begrafnis

Moses Makhondwane kom staan langs my by my skryftafel. Dis my ma, sê hy. Sy het afgesterwe. Die selfoon waaroor hy pas met iemand in Tswana gesels het, is nog in sy hand. Ek staan op, sit my hand om sy skouer en sê die gewone, lam trooswoorde. Ai, Moses. Ek is jammer, Moses. Dis

Dana Snyman: ’n Please-call-me van ’n vriend by ’n begrafnis Lees verder

Dana Snyman
Dana Snyman gesels met Hester Bezuidenhout oor haar meer as 50 jaar van orrelis-wees op Stella anderkant Delareyville.
Is daar ’n orrelis in die land wat al langer as tannie Hester in een gemeente die orrel speel? Foto: Dana Snyman

Dana Snyman | ‘Jy is meer ’n mens as ’n orrelis wanneer jy op ’n begrafnis speel’

Kort voor tienuur hou Hester Bezuidenhout in haar motor voor die NG kerkgebou op Stella anderkant Delareyville stil. Die son is vandag weer woedend hier in die ou Wes-Transvaal. Op met die galery se trappe stap sy, deur die kerkgebou se skemerte en stilte, na die orrel toe. Sy laat gly die houtkoepel oop wat

Dana Snyman | ‘Jy is meer ’n mens as ’n orrelis wanneer jy op ’n begrafnis speel’ Lees verder

Dana Snyman
"Daar is sekerlik niks fout daarmee of onchristelik daaraan om te praise en te worship nie, maar vir my voel dit net nie reg dat ’n kind nie meer weet van ’n kerkgebou met ’n preekstoel met ’n kanselkleed waarop staan: 'God is liefde' nie. Of: 'Die Here kom'," skryf Dana Snyman. Foto: Verskaf

Dana Snyman: Verandering, ook in die kerk, is nodig, maar verarm die verdwyning van sekere rituele uit die erediens ons nie geestelik nie?

Die kinders ken nie meer die kerk soos ons die kerk ken nie, sê Louis en skuif sy beker cappuccino in ’n kring voor hom op die tafeltjie in The Argentinian in Linden. Louis is ’n Afrikaans-onderwyser by ’n bekende skool in die stad. Wat bedoel jy? wil ek weet. LEES OOK: Kollig-podsending 11: ’n

Dana Snyman: Verandering, ook in die kerk, is nodig, maar verarm die verdwyning van sekere rituele uit die erediens ons nie geestelik nie? Lees verder

Dana Snyman Nuus
Ons hou mekaar se hande vas terwyl hy bid. “Dierbare Vader, U weet sy is vandag in ons gedagtes, hier waar ons laasjaar nog saam geëet het …” Dan stol die woorde in Pa se mond. Vir ’n ruk sit ons met ons oë toe, sit ons net so, voordat Pa klaar bid.

Dana Snyman: ‘Hier waar ons laasjaar nog saam geëet het’

Op die ou saaidbord met die dowwe spieël teen die eetsaal se een muur flits ’n Kersboompie se liggies aan en af. By net twee tafels sit al mense. Ons is nog in ons kerkklere. ’n Kelner in ’n rooi baadjie stap nader. Frans, staan op die plaatjie op sy bors. “’n Geseënde Kersfees vir

Dana Snyman: ‘Hier waar ons laasjaar nog saam geëet het’ Lees verder

Dana Snyman Rubrieke
Die optog deur die Pretoria-middestad se strate gaan begin. Hier is ’n paar honderd nargesigte. Party dra plakkate: “Justice for children”, “The stranger is my sister”… Foto: Dana Snyman

Dana Snyman by die jaarlikse Fees van die Narre in Pretoria

Die gevoel is eensklaps net daar toe ek in Thabo Sehumestraat die middestad van Pretoria in ry: vrees, ’n vae gevoel van vrees. Hoe veilig gaan my bakkie wees? Hoe veilig gaan ék wees? Thabo Sehumestraat was eens ’n straat waarvan ek die naam vergeet het. Die President Hotel, oorkant die Pretoriatreinstasie, is verdeel in

Dana Snyman by die jaarlikse Fees van die Narre in Pretoria Lees verder

Dana Snyman
Teen die trappe af sien hy duidelik hoe die kindervoete oor die jare heen ’n paadjie langs die handreëling afgetrap het, ’n smalle weg van die boonste vertrekke af, soms by die voordeur uit, die lewe in, vertel Dana Snyman oor sy besoek by wat eens die MTR Smit-kinderhuis was op Ugie in die Oos-Kaap. Foto’s: Dana Snyman

Dana Snyman vanaf Ugie: Die stadige proses van vredemaak

Ugie wankel tussen bid en droom, soos soveel ander dorpe in die land. Die strate en sypaadjies is redelik skoon, maar jy kan die verval nie miskyk nie. Geboue wat smag na verf. Mense wat oral sit en wag. Lees ook: Dana Snyman skryf vanuit Machadodorp: ’n Skriba se stories en die manier waarop ons land

Dana Snyman vanaf Ugie: Die stadige proses van vredemaak Lees verder

Dana Snyman
Miskien het ek te veel romantiese idees oor die 1933-vertaling, die eerste amptelike vertaling van die Bybel in Afrikaans. ’n Ruk gelede was ek in prof JD du Toit, ofte wel Totius, se huis op Potchefstroom. Deesdae is dit ’n museum. Foto: Dana Snyman

Dana Snyman: ‘Alles wat ek geestelik is, is verbind met Afrikaans – Afrikaans en die Bybel’

Dit voel of ek besig is om ’n aftreeoord vir ou Bybels tot stand te bring. Ek praat veral van die 1933-vertaling. Die ou vertaling, soos ons sê. In tweedehandse boekwinkels en by die Hospice, DBV en ander plekke waar goed vir liefdadigheid verkoop word, sien jy alte dikwels van hulle op ’n onderste rak

Dana Snyman: ‘Alles wat ek geestelik is, is verbind met Afrikaans – Afrikaans en die Bybel’ Lees verder

Dana Snyman
Agter die saal kook ’n groot, pot bredie, vertel Dana Snyman in sy jongste rubriek hieronder. By Phetile is haar man Alpheus Zulu, en vroue wat grootliks vrywillig kom kook en opskep: Willemien Nsibande, Constance Msimangu, Anventina Manjiku en Isaura Sibe. Foto: Dana Snyman

Dana Snyman: In my 60ste jaar op aarde groet ek vir die eerste keer ’n evangelis met die hand

Op Beeld se brieweblad lees ek die woord raak: Evangelis. ’n Woord wat ek min hoor. Die skrywer van die brief, ene Martie van Mbombela, vertel van Phethile Zulu, ’n evangelis en ’n paar helpers wat daagliks meer as 200 kinders op Elandshoek kos gee. Elandshoek is nie ver van die bergdorp in Mpumalanga waar

Dana Snyman: In my 60ste jaar op aarde groet ek vir die eerste keer ’n evangelis met die hand Lees verder

Dana Snyman
Ek is hier in die Marico-Bosveld om te kom soek na spore van die Jerusalemgangers, ’n groep fanatieke Voortrekkers wat in die 1800’s hier rond gewoon het: die Riekerts, die Enslins, die Steyns, De Beers en nog ander. Hulle leier Johannes Adam Enslin het op die plaas Meseg gewoon, vertel Dana Snyman. Foto: Dana Snyman

Dana Snyman: My soeke na spore van die Jerusalemgangers

Naby Groot-Marico, so 40 km van Zeerust af, beduie ’n bord: Riekertsdam. Die familie Riekert was destyds ook Jerusalemgangers. Die pad is vol gate en slote, die veld vol sekelbos en raasblaar en kameeldoring. Ek is hier in die Marico-Bosveld om te kom soek na spore van die Jerusalemgangers, ’n groep fanatieke Voortrekkers wat in

Dana Snyman: My soeke na spore van die Jerusalemgangers Lees verder

Dana Snyman
Annatjie Streicher, wat onlangs 69 geword het, dra ’n hele era se herinneringe met haar saam. Foto: Dana Snyman

Dana Snyman skryf vanuit Machadodorp: ’n Skriba se stories en die manier waarop ons land anders word

Stadig skommel ek in Machadodorp se hoofstraat af, verby die poskantoor waarvan die teken gebreek is. “P  st Offi   ,” sê dit nou. Die ou kontantwinkel behoort nou aan ’n kêrel van Pakistan of Bangladesh. Voor die meubelwinkel borrel musiek vol vreemde ritmes uit ’n luidspreker. Slaggate. Papiere op die sypaadjies. Vroue wat vrugte

Dana Snyman skryf vanuit Machadodorp: ’n Skriba se stories en die manier waarop ons land anders word Lees verder

Dana Snyman
"Die eerste keer wat ek oorsee is, was in so ’n kerksaal. Op ’n kultuuraand wat Ma-hulle gereël het. Die tema was Japan. Omtrent almal het in hulle japonne daar aangekom en ons het kwaai gesukkel om die klein stukkies vleis en die rys te eet met die stokkies wat Ma in Kimberley gekoop het. Met japonne vol vetkolle is ons later huis toe." Foto: Dana Snyman

Dana Snyman | My ‘reis’ oorsee … via ’n kerksaal

Onlangs kom ek toe weer in só ’n saal, ’n kerksaal met ’n blink teëlvloer, ’n hoë dak en ’n verhoog afgesper met swaar fluweelgordyne. Ek dink nie dit is regtig nodig om te sê waar en in watter gemeente se saal ek was nie. Dit is asof elke kerksaal dieselfde een is: die dubbele

Dana Snyman | My ‘reis’ oorsee … via ’n kerksaal Lees verder

Dana Snyman
Sakkie Esterhuyse van Vredenburg trots by sy blinkgevryfde klein koets. Alle foto's: Dana Snyman

Dana Snyman | Nissan 1400 is soos ’n Bybelse donkie

Sien ek ’n Nissan 1400-bakkie iewers staan, hou ek dikwels daarby stil. Oral in die land sien jy nog van dié bakkietjies, al het Nissan in 2008 al opgehou om hulle te vervaardig. Is die bakkie se baas nie by nie, probeer ek hom – dit is omtrent altyd ’n hom – in die hande

Dana Snyman | Nissan 1400 is soos ’n Bybelse donkie Lees verder

Dana Snyman Rubrieke
Scroll to Top