Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG Gemeente Vosburg (Noord-Kaap): Leraar

Dié advertensie verteenwoordig die standpunte van die adverteerder en nie noodwendig dié van Kerkbode nie.

Vakature: Ses maande vastetermynpos vir leraar: Hernubaar

NG Gemeente Vosburg nooi gelegitimeerde predikante van die Nederduitse Gereformeerde Kerk uit om, indien hulle oortuig is dat die Here hulle daartoe roep, hulle beskikbaar te stel vir oorweging vir ’n vastetermynaanstelling as gemeentepredikant.

Ons is ’n kleiner plattelandse gemeente wat ons identiteit in Jesus Christus vind. Ons verlang daarna om Hom met vreugde te dien deur sy Woord getrou te verkondig, mekaar in liefde op te bou en ons gemeenskap met deernis te dien.

Ons bid vir ’n predikant wat uit ’n lewende verhouding met Jesus Christus leef, die Woord Skrifgetrou verkondig, pastorale sorg met liefde verrig, saam met die kerkraad geestelike leiding gee en die gemeente toerus vir haar dienswerk.

Ons verlang nie na iemand wat ons roeping vir ons sal oorneem nie. Ons verlang na ’n predikant wat saam met ons sal luister, saam met ons sal onderskei, saam met ons sal dien en saam met ons op die Here sal vertrou.

Die aanstelling geskied ingevolge Reglement 16.1.6 vir ’n spesifieke taak in die gemeente en vir ’n vaste termyn van ses maande of korter.

AANSOEKE:

Belangstellende predikante word uitgenooi om ’n volledige CV, met drie onlangse verwysings en kontakbesonderhede, in te dien.

Kandidate wat oorweeg word, kan uitgenooi word om ’n preekbeurt waar te neem (welke kostes deur die gemeente gedra sal word) of vir ’n kort dienstermyn in die gemeente te dien voordat ’n aanstelling gemaak word.

Met die indiening van ’n CV gee kandidate toestemming dat die inligting, onderhewig aan die bepalings van die POPIA, vir die beroepingsproses gebruik mag word.

’n Maandelikse vergoeding van R15 000 per maand, gratis bewoning van ’n ruim en goed versorgde pastorie en ander diensvoordele (gratis WiFi, R500 selfoon en R500 betaalkragtoelae per maand) word gebied.

Belangstellende predikante kan op versoek die gemeenteprofiel, bedieningsprofiel, roepingsverklaring en uitnodiging tot beroeping van NG Gemeente Vosburg ontvang.

SLUITINGSDATUM: 31 Augustus 2026.

NAVRAE: Oudl I Fourie – 071 612 9275 |  skriba H Naudé – 073 840 8788.

E-pos: vosburgngk@gmail.com

Die kerkraad behou die reg voor om nie ’n aanstelling uit die ontvangde aansoeke te maak nie.

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top